Hy julle. Ek
gaan vir julle 2 whatsApps stuur. Hierdie een is die verskil tussen die
onsigbare realm (Unseen realm) en die sigbare realm (Seen realm). Die onsigbare
realm is bo die lyn. Dis waar I AM is. Ons leef onder dié lyn op dié aarde maar
ons bedink die dinge daarbo! 🍞
I. 27/03/2020 Filippense 4:8 “Verder,
broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is,
alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is - watter deug en
watter lof daar ook mag wees, bedink dit”
Tussen al
die negatiewe dinge rondom ons, kom ons bedink dié dinge bo die Lyn. 🍞 Kolossense 3:2 “Bedink dié dinge wat daarbo is, nie
wat op die aarde is nie”🍞 3/27/2020] Breaking news: Attie sê
nou net oom Angus sê AL dié Bybels in America is uitverkoop! 🙏
II. 28/032020 Almal in ons land se gedagtes
is nie op dieselfde plek nie. Vrees is besig om die oorhand te kry. Dit hang af
waar is jou kop. Onder die Lyn of bo die Lyn.
Die Woord
sê: Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die
oorsprong van die lewe. SPREUKE 4: 23.
Dis ‘n bo
die Lyn ervaring! Op die aarde is daar vandag min goeie nuus. As ons met ons oë
en ore net op die nuus en alles op sosiale media fokus, gaan ons vrees en
bekommernis in ons harte toelaat (Onder die Lyn). Of ons kan fokus op I AM (Bo
die Lyn). Die keuse is joune! “The Name of the Lord is a strong Tower, the
righteous run into it and they are saved.” Ons kan vandag IN HOM, in Sy omgewing
ALLES vind wat ons nodig het. It is finish. Hy het klaar daarvoor betaal! 🍞
III. 29/03/2020 Hierdie brood - dagstukkie kom
vandag van my, Alta af. Ek het altyd
tydens nagmaal nie veel aandag aan my broodjie gegee nie, want ek het nie
geweet hoe werk dit regtig om Sy vlees te eet nie.
Met my
broodjie in my hand sê Johan toe nou die dag dat Jesus ervaar nóú dat jy van Sy
vlees eet.... en skielik sien ek hoe Hy stilstaan en sê: Iemand eet nou van My
vlees!
Dadelik kry
ek die prentjie van die bloedvloeiende vrou wat die soom van Sy kleed aanraak.
Hy het stil gaan staan en sê toe: "Iemand het my nou net aangeraak want
krag (genesing) het van My uitgevloei". Sy het van Sy vlees geëet.
Dieselfde is
van toepassing: Op die aarde, tydens nagmaal eet ons brood en drink ons
sap/wyn. Maar in die Hemelse realm eet ons Sy vlees en drink ons Sy bloed.
Nagmaal sal
nooit weer vir my dieselfde wees nie. 🍞
IV. 30/03/2020 Vandag gee ek vir jou ‘n GROOT
stuk brood maar eet dit asb stukkie vir stukkie. 🍞
John 3:13
The Passion Translation (TPT)
13 No one
has risen into the heavenly realm except the Son of Man who also exists in
heaven.”
Joh 3:13
Jesus deel ‘n geheim met Nikodemus. Terwyl Jesus op die aarde bedien het was Hy
ook terselfdertyd in die hemel in die I AM realm, ook genoem die geestelike
realm (bo die lyn). Om in twee plekke op dieselfde tyd te wees is ook die
voorreg wat aan elke kind van die Here gegee is. Ons sit saam met Christus in
hemelse plekke en nogtans leef ons ons aardse lewens om Hom te plesier. Dit is
wat dit beteken om “in Christus” te wees. Lees asb Efes. 2:6; Kol. 3:1-5. In
die realm van die Gees is die hemel en aarde een. Jesus vertel vir Nikodemus
dat alleen húlle wat saam met Hom in die hemelse realm sit kan die geestelike waarhede
verstaan. Lees 1 Kor. 2:1-10. In die Afrikaanse Ou Vertaling Joh 3:13 praat
Johannes van “die Seun van die mens wat in die hemel is” Die Aramees is meer
duidelik “die Seun van die mens wie in die hemel is.” Ek is in die hemel maar
leef op die aarde! My oorsprong is in die hemel! (born from above). 🍞 LEES ASB DIE SKRIFGEDEELTES SOOS EK DIT AANDEDUI HET.😊
V. Dis gedurende dié “21 dae Lockdown”
waarin jy somtyds vasgekluister sit in ‘n beperkte ruimte terwyl daar soveel
emosies is waardeur jy in een dag moet werk: depressie, vrees, haat,
onsekerheid, selfbejammering, woede en so kan ons aanhou.
Dis alles
dinge wat ons op die aarde, in die sigbare wêreld, onder die Lyn ervaar. Hoe
nou gemaak? Vir die volgende paar dae gaan ek vir julle help om te ontdek wat
die uitweg is! Ons het vir julle die afgelope jare wonderlike leringe in die
Household gegee - dis nóú die tyd om hierdie leringe in ons lewens toe te pas.🍞More begin ons met ons eerste les - My geestelike
dieet.
Gedurende
die “21 dae Lockdown” waarin jy somtyds vasgekluister sit in ‘n beperkte ruimte
terwyl daar soveel emosies is waardeur jy in eendag moet
werk: depressie, vrese, haat, onsekerheid, selfbejammering, woede, ens.
Dis alles
dinge wat ons op die aarde, in die sigbare wêreld, onder die Lyn ervaar. Hoe
nou gemaak? Vir die volgende paar dae gaan ek vir julle help om te ontdek dat
daar ‘n uitweg is. Ons het vir julle die afgelope jare soveel leringe in die
Househld gegee – dis nóú die tyd om hierdie lesse in ons lewens toe te pas.
No comments:
Post a Comment