Ons moet
alles iterpreteer vanuit ‘n nuwe sienswyse. Die Ou Testament was ‘n heenwysing,
‘n skadubeeld, en het uitgesien na ‘n realiteit wat dan nóú (let op die klem
nóú) plaasgevind het, die kruisiging en opstanding van Jesus. Dis so belangrik
dat ons dit sal verstaan. Veral in die geestelike konteks waarin ons
grootgeword het. Ek onthou nog toe ek ‘n kind in die kerk was, was die eerste
ding voordat enigiets gebeur het, die lees van die Wet. En die Bybel sê dat
wanneer die Wet gelees word is daar ‘n bedekking oor jou hart.
Jy sien, die
Wet veroordeel jou, die Wet sê jy is skuldig. Die Wet word ‘n spieël waarin jy
kyk en hy sê jy is nie goed genoeg nie. Dit gaan nooit heerlikheid in ons herstel
nie. Dit gaan jou hou in daardie konteks van jou onvermoë – ek is net nie goed
genoeg nie! Maar nou sê Paulus die volgende: 2Kor 3:16 “Maar wanneer hulle tot
die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.” (Afrikaans Ou Vertaling
1953).
Bekeer in
dierdie sin beteken: “To make an about turn. Wanneer hulle rigting verander op
die manier wat hulle dink. Wat gebeur dan? Dan word die bedekking weggeneem. Kom
ons hou aan bo die Lyn dink in die I AM realm.
En nou sê
hy:
2Kor 3:17
“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”
Hierdie vryheid wat hier van gepraat word is die bevryding van die ou
verwysing. Nou sê hy die volgende: “…en terwyl ons almal die heerlikheid van
die Here weerspieël, want die sluier is van ons gesig af weggeneem.”
2Kor 5:17 “Daarom,
as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het
verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”
(Ou dinge
– Dit sluit ons ou identiteit in, ons lewe van sonde, die krag van Satan, ons
goeie werke waardeur ons probeer om God tevrede te stel, ons ou verhoudinge met
die wêreld, en ou gedagte patrone. Ons is nie net vernuwe of gerestoureer nie,
maar ons is in wese nou ‘n nuwe skepping omdat ons een met Christus geword het.
Ons het ook nou die inwoning van die Heilige Gees.)
Het hierdie
ou dinge regtig vir ons verbygegaan? Ons moet ophou probeer en IN CHRISTUS
begin lewe! Moenie jou nagmaal vergeet nie.
No comments:
Post a Comment