2 Kor 3:18 “En
terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na
die selfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die
Gees is.”
Wat sien jy wanneer jy in ‘n spieël kyk: “… terwyl ons
almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël kyk – die heerlikheid van die Here aanskou. Alhoewel jy jou eie gesig
sien, sê die Woord dat jy die heerlikheid van die Here aanskou. Heerlikheid in
die Nuwe Testament is ‘doxa’. Hierdie woord word in die Vines Expository Dictionary
soos volg beskryf – “Doxa primarily
denotes an opinion.” Jy sien in die OT was ‘Kabod’ hoofsaaklik die belewenis
van die teenwoordigheid van God. Die gewig van God se nabyheid wat ons
gedefinieer het as heerlkheid.
In die Nuwe
Testament word dit ‘n hele nuwe verwysing. Dis nou – God se teenwoordigheid is
nou in my, maar meer as dit, dit word nou God se uitspraak, God se opinie oor
my lewe. Jy sien as ek iemand verheerlik spreek ek positiewe en opbouende woorde
oor sy lewe. Nou sê die Skrif, “en terwyl ons almal met onbedekte gesig soos
in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ek van
gedaante verander, van heerlikheid tot heerlikheid,…”
Omdat ek my
tot die Here bekeer het, is die bedekking weggeneem. Omdat my hart nie meer
bedek is nie, is my gesig oop om in die spieël te kan kyk. Nou sien ek myself en
ek word nóú verander na wat die Here oor my lewe sê. Kyk na jou gesig en spreek
hardop uit wat God oor jou sê in die Bybel. Doen dit elke keer as jy in die
spieël kyk. Dis Sy opinie oor jou. Hy sit ‘n 10 uit 10 op jou kop. Hierdie is
‘n sleutel. Sy uitspraak oor jou lewe is meer belangrik as enige ander
uitspraak deur mense.
More gaan
ons verder met hierdie onderwerp. Onthou jy is ‘n 10 uit 10.
No comments:
Post a Comment