Tuesday, May 19, 2020

Dag 1. Dis nóú die tyd om God se geloof in jou te gebruik


  Op die huidige oomblik is daar nog 12 dae oor op die Inperkingsbevel vir die hele Suid Afrika. Die vraag wat ek aan myself gevra het is wat het die afgelope 23 dae in my eie lewe en omstandighede verander. Was dit vir my ‘n tyd van rus in die Here of ‘n tyd van bekommernis oor die dag van more – nie net oor ons eie situasie nie maar ook oor hulle met wie ons in verhouding staan. Die Here bemoedig ons egter in Matt 6:31,32 “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? …want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het”. Wat is die geheim dan? Onthou in Les 6 het ons geleer: “We look away from the natural realm and we fasten our gaze onto Jesus who birthed faith within us and who leads us forward into faith’s perfection (Heb 12:2) (The Passion Translation.) 

  Dis nóú die tyd om God se geloof in jou te gebruik. Jy hoef nie te vas en bid vir iets wat reeds aan jou toegesê is nie. Ek moet dit met daardie geloof ontvang. Byvoorbeeld: Hy het ons die geregtigheid van God in Christus gemaak. Ek ís nou die geregtigheid van God. Niks en niemand kan dit in jou lewe verander nie. Aanvaar dit met die geloof wat in jou is en begin God daarvoor dank. Jy ís God se geregtigheid, of jy nou so voel of nie. Rus daarin. Die werk is gedoen!

  Ons sal jou elke dag, stap vir stap neem totdat jy die dinge bo die Lyn joune gaan maak en daarin jou rus vind.

  Moenie jou nagmaal vergeet nie.


No comments:

Post a Comment