Dag 6.
Vertoef ‘n bietjie langer by die spieël!
Lees
asseblief weer die laaste gedeelte van Dag 5 se dagstukkie wat begin met “Die
probleem is,…”
“Jakobus sê:
Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, dié is soos
‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien; want hy sien homself en gaan
weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die
volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n
vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die woord, gelukkig wees in wat
hy doen.” Jak 1:23 – 25.
Nou wil ek
vir jou in eenvoudige Afrikaans vertel wat Jakobus vir ons sê: Hier kry ons die
verskil tussen ‘n toeskouer en ‘n deelnemer. Beide kyk in ‘n spieël. Altwee
besef hulle kyk na hulle eie gesig, maar die eerste persoon dink dis te goed om
waar te wees. Hy draai om en gaan terug na die wyse van hoe hy oor homself gevoel
het. Hy vergeet onmiddelik wat hy in die spieël gesien het. Die tweede persoon is
gevange geneem in wat hy in die spieël sien; hy dink aan die effek wat die wet van die vryheid op sy
lewe het. (díe wet wat hom vrygemaak het van die ‘doen’ om deur sy eie wilskrag
iets te probeer wees). As dader van die Woord sal hy gelukkig wees in alles wat
hy doen.
Ons roeping
is om “diep in te sien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby te
bly.” Sodat dit kan verander hoe ons
oor onsself dink en hoe God oor ons dink, en hoe ons die beloofde land, die rus
van die Here en die volheid van God in besit kan neem. Die vraag is steeds, kan
jy jou as volmaak in Christus sien? Kyk hoe het hulle hulself gesien en oor
hulself gepraat: “Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is
sterker as ons.” Jy sien, hoe jy na jouself kyk bepaal wat jy antisipeer.
Jy sien, ons sal anders moet begin dink. Die Hebreërs skrywer sê: “En aan
wie het Hy gesweer dat hulle in Sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die
ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.” Heb
3:18-19. Ek wil herhaal! Ons sal God se uitsprake oor ons lewe moet vertrou! Onthou
jou Nagmaal.
No comments:
Post a Comment