Heb 4:8-12 “Want as Joshua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.” (Luister mooi - want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne) Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”
Ons kan rus
soos wat God rus. Die vraag is: Hoe rus God? Die konsep van rus verwys terug na
dit wat in Genesis by die skeppingsverhaal gebeur het. Die skrif sê: God het
alles geskep in 6 dae of dispensasies – álles – ook die man en die vrou. Op die
sewende dag het God gerus. (Gen 2:3). Maar dit was verseker nie omdat Hy moeg
was van die vorige ses dae se harde werk nie. God kan nie moeg word nie – Hy is
die bron van ewige energie! “Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie?
‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie
moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.”- (“You
cannot learn all he knows.”) Jes 40:28. Easy Read Version. God het gerus want
Sy werk was klaar.
Hierdie rus
is nie dieselfde rus waaraan ons gewoond is wanneer ons baie hard gewerk het
nie. Wanneer die Woord in Hebreers 4:3 praat van Sy rus ingaan, beteken hierdie
woord letterlik: “Ek het ingekom in sy rus in maar ek moet aanhou om te beweeg
(it expresses motion, movement.) Soos wanneer ek ‘n sirkel trek met ‘n
middelpunt. Ek het in die sirkel ingekom maar ek bly beweeg na die middelpunt
toe. Die middelpunt is die volkome rus van die Here! Moenie jou Nagmaal vergeet
nie.
No comments:
Post a Comment