Ons het
gister geëndig met 1 Kor 10:3-4 waar die volk van die Here geestelike kos geëet
en geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit die geestelike rots
wat gevolg het, en die rots was Christus. Hoe moet ek honger en dors word na
die Here? Die I AM se kos kry jy alleen wanneer jy in Sy heerlikheid en in Sy
teenwoordigheid woon.
“Hoe lieflik
is u woninge, o HERE van die leërskare! My siel verlang, ja, smag na die
voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God. Welgeluksalig
is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig.” (Psa 84:1,2,4,5) ‘Met jou
kop in die hemel en jou voete op die aarde’.
Ware
lofprysing en aanbidding hou my in God se teenwoordigheid! “Laat ons dan
gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat
sy Naam bely.” (Heb 13:15) Dit bly steeds een van die belangrikste maniere hoe
God van Homself meer en meer in my lewe kan ‘download’. Ek loof God nie omdat
ek so voel nie. Ek loof Hom vir wie Hy is – I AM!
No comments:
Post a Comment