![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgMWnqn-AOKBBV92MPTgGoOqCufUwrbmCibdtez0USfrRDiW0ZSHWQUhuwwMx5P5cbSGRV5Cg6KK0YaofawVBktk_W7jNnqye4DgPCeXV-baPZvXl9jTXPUHULUJHohnWHydF0LcoBZg7c/w200-h131/judge_gavel_312468.jpg)
1. In Romeine 7 praat Paulus met die
Jode wat ónder die Wet leef.
2. Hulle het nou ‘n probleem: Van hulle
het nou Christus aangeneem maar sukkel met die rol van die Wet in hulle
daaglikse lewe. Dis verstaanbaar want die Wet het elke aspek van hulle lewe
beheer.
3. Op ‘n meesterlike wyse verduidelik
Paulus aan hulle hoe Christus hulle wetlik losgemaak het van die ‘Wet van die
sonde en die dood’ en ook watter houvas die Wet op hulle gehad het.
4. Paulus verduidelik dit by wyse van ‘n
voorbeeld. Hy begin om die persoon wat nog onder die Wet lewe te vergelyk met
‘n vrou en haar man wat getroud is. Hierdeur is sy aan haar man gebind solank
as wat albei nog lewe. Indien die vrou van haar man wil skei moet die man eers
sterwe. Die man in hierdie geval verteenwoordig die Wet.
5. Jesus het na die aarde gekom en die
Wet onderhou. Sodoende het Hy al die wetlike vereistes vervul. Met ander
woorde, Jesus was met die Wet getroud. Die enigste manier waarop Jesus kon vry
kom van die Wet is dat één moes sterwe – Jesus of die Wet.
6. Jesus het gesterwe en só was Hy vry
van die Wet. Hoekom moes Jesús sterwe? As Jesus dan nou vry is van die Wet, hoe
kom ek nou vry daarvan?
7. Met verwysing na die gedeelte van die
huwelik soos hierbo verduidelik beklemtoon Paulus die feit dat niemand kan
tergelykertyd getroud wees met Christus en die Wet nie.
8. Omdat die Wet ewig is, is die enigste
weg vir my om vry te kom van die Wet, ek moet ook sterwe. Ek moet saam met
Jesus sterwe. Dan is ek ook vry van die wetlike aanspraak wat die Wet oor my
lewe het.
9. Omdat ek in Christus is, is ek vry
van die Wet! Moenie vir jouself wette maak wat jy voor jou siel weet jy kan nie
hou nie.
Moenie jou nagmaal vergeet nie!
No comments:
Post a Comment