Gister het ons hiermee gesluit.
Heb 1:1 “In
die verlede het God baiekeer en op baie maniere tot ons voorvaders gespreek
deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy tot ons gespreek deur
die Seun.”
Jy sien God
het ‘n nuwe gesprek oopgemaak. Ons durf nie iemand toelaat om ‘n ander gesprek
oop te maak as die een wat God oopgemaak het oor ons lewens nie. Alleen God gee
definiesie aan wie ons in Christus is.
In die Ou
Testament is daar wondelike verhale van Moses, van Dawid, van Josef en al die
wonderlike Godsmanne en vroue. Maar die skrywer van die Hebreërs kom en sê wees
versigtig dat jy nie definiesie vir jou lewe vind in húlle lewe nie. Jy kan
alleen Moses verstaan, jy kan alleen Dawid verstaan, jy kan alleen Josef
verstaan as iemand wat betrekking het tot jou lewe, wanneer jy verstaan wat God
reeds vir jou kom sê het in Christus.
Daar is geen
ander uitspraak oor my lewe, as wat God kom sê het in Christus nie. Daar is
geen profetiese uitspraak oor my lewe as wat God kom sê het in Christus nie. Mense
kan alleen in my lewe inpraat wat God reeds gepraat het.
Daarom is
dit krities wat God vir jou kom sê het in Christus. Sodat jy nie verward raak
wanneer iemand wat diep geestelik is oor jou kom profeteer nie. Jy het nodig om
te ontdek wat sê God vir jou in Christus. Dis die basis, dis die vertrekpunt
van wat ek glo oor my eie lewe. Maak wérk daarvan, om van God te hoor oor jou
eie lewe.
No comments:
Post a Comment