In die Ou
Testament is die woord wat vir heerlikheid gebruik word ‘kabod’. Dit beteken letterlik
‘gewig’. Die tasbare teenwoordigheid van God. En hierdie gewig word deel van
die mens. Toe God die mens maak toe blaas Hy in hom in die asem van die lewe en
God blaas in die mens in die gewig van God. En Adam het geheers vanuit daardie
gewig. Hy het geheers oor die skepping. Hy het Goddelike gesag gehad.
Daar is ‘n
spreekwoord: Hierdie een of daardie een het gewig. Jy sien dit spreek nie van
gewig soos op die skaal nie, maar outoriteit. As ons sê iemand dra gewig, dan
praat ons van outoriteit, praat ons van invloed, praat ons van ‘presence’. As
iemand baie gesag en invloed het praat ons van iemand wat ‘n swaargewig in die
samelewing is. Die interessantheid is ons “verloor” daardie heerlikheid,
daardie gewig. Heerskappy kan van ons ontneem word soveel so dat ons dit byna
nie meer “sien” in ons lewens nie. Wanneer dit gebeur leef die mens met hierdie
skuldgevoel. Jy voel verward en baie maal skaam. Nou in plaas daarvan om te
heers en in plaas om gesag ten toon te stel, leef die mens nou teenoor homself
met skade, seer en pyn. Die beginsel is dat enige iets wat jy buite jou
skeppingsdoel aangewend, bring altyd skade. As jy nie
leef waarvoor jy gemaak is nie, word jy beskadig. Dan sien ons hoe die Here
weer kom om restourasie in ons lewens te bring. Tog probeer die mens om elke
keer weer sy eie gewig daar te stel en ons verlaat ons op werke. Die mens het
deur die eeue heen altyd probeer om homself te verbeter.
No comments:
Post a Comment