In die Ou
Testament sien ons die poging hoedat die mens die Wet probeer onderhou, want
hulle weet dit is die orde van God. Ons dink, as ons dit net kan regkry om die
Wet te onderhou, dan kan ons weer funksioneer met heerlikheid. Dan lees ons in
1Kor 3 waar Paulus verwys na hoe dit was in die Ou Testament, hoe daar
oomblikke was waar mense met God tyd spandeer het en dan het hulle die
heerlikheid, hierdie gewigsbelewenisse met God gehad.
Moses was
een van hulle. Die Bybel sê hy het só geblink van die heerlikheid van God dat
hy skielik gesag en outoriteit gehad het sodat die Israeliete na hom geluister het. En toe kom Moses agter dat
die heerlikheid is besig om te verdwyn. Weet jy wat doen Moses toe? Hy gaan kry
vir hom ‘n sluier sodat die mense nie kan weet of die heerlikheid daar is of
nie. En nou dink hy dat hy dieselfde gesag sal hê, dieselfde invloed sal hê,
dieselfde gewig sal hê. Hy dink so terwyl die heerlikheid van God besig was om
te lig.
Kyk wat sê
Paulus hiervan: Hy sê, mense julle moet verstaan dat Moses hierdie sluier gehad
en ons moenie probeer om binne dieselfde konteks te probeer lewe nie want Moses
kon nie meer vasklou aan die heerlikheid terwyl dit besig was om weg te gaan
nie.
2Kor 3:13 “Ons
is nie soos Moses wat sy gesig met ‘n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy
doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die
verdwyn was.” (Nuwe Testament en Psalms 1979)
No comments:
Post a Comment