Tuesday, May 19, 2020

Dag 10. God het gerus van Sy werke


  As die Bybel sê God het gerus van Sy werke is dit ‘n heeltemal ander verwysing. Hebreërs gee vir ons hier die sleutel. Want hy sê: Ons kan ingaan in die rus soos wat God van Sy werke rus. Ek glo die sleutel lê in Hebreërs 4:12 Gewoonlik word hierdie skrif in isolasie gelees. Maar dit was geskrywe in die konteks van ‘entering God’s rest.’ “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard,” … Hoe het God gerus. Jy sien God skep met Sy Woord. God het Sy Woord gestuur om te doen waarvoor Hy dit gestuur het. Toe God Sy rus ingaan, het God teruggestaan in die volle vertroue dat Sy Woord gedoen het waartoe Hy dit gestuur het.
  Nou sê die Skrif ons kan ook rus soos God gerus het. Ons gaan die rus in. Hoe? Ons rus nou in dít wat God reeds gedoen en afgehandel het in die onsigbare realm, die ewige realm, die I AM realm. Daarom moet ons verstaan dat Sy Woord het skeiding gebring tussen siel en gees. Siel is onder die Lyn en gees is Bo-die-Lyn. Die punt is dit: Ons kan nie God se rus ingaan solank ons op die sielsvlak verskynsels en gevoelens leef nie. (Gaan terug na jou Bo- en Onder-die-Lyn skets in ons eerste dagstukkie en sien waar pas verskynsels en gevoelens in)
  Gal 5:25 “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.” So, hoe kan ons ywerig wees om God se rus in te gaan. Hou op om te probeer. Christus is in jou! Maar jy is ook in Christus. Ín jou, leef Hy in jou omgewing – Onder-die-Lyn realm; Maar jy is ook in Hom, nou kan jy in Sy omgewing leef – in die onsigbare, Bo-die-Lyn realm. Efes 2:6 “en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.”
Hy nooi jou om te rus soos Hy rus. Dis díe volkome rus wat vir jou en my oorbly. Ons moet God se uitspraak oor ons lewens vertrou. 

Onthou jou Nagmaal.


Dag 9. Bly beweeg in die rus van die Here in.

  Heb 4:8-12 “Want as Joshua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.” (Luister mooi - want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne) Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”

  Ons kan rus soos wat God rus. Die vraag is: Hoe rus God? Die konsep van rus verwys terug na dit wat in Genesis by die skeppingsverhaal gebeur het. Die skrif sê: God het alles geskep in 6 dae of dispensasies – álles – ook die man en die vrou. Op die sewende dag het God gerus. (Gen 2:3). Maar dit was verseker nie omdat Hy moeg was van die vorige ses dae se harde werk nie. God kan nie moeg word nie – Hy is die bron van ewige energie! “Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.”- (“You cannot learn all he knows.”) Jes 40:28. Easy Read Version. God het gerus want Sy werk was klaar.

  Hierdie rus is nie dieselfde rus waaraan ons gewoond is wanneer ons baie hard gewerk het nie. Wanneer die Woord in Hebreers 4:3 praat van Sy rus ingaan, beteken hierdie woord letterlik: “Ek het ingekom in sy rus in maar ek moet aanhou om te beweeg (it expresses motion, movement.) Soos wanneer ek ‘n sirkel trek met ‘n middelpunt. Ek het in die sirkel ingekom maar ek bly beweeg na die middelpunt toe. Die middelpunt is die volkome rus van die Here! Moenie jou Nagmaal vergeet nie.

 


Dag 8. Soos die volk in die woestyn die Evangelie moes glo, so moet ons dit vandag ook glo!

Ek herhaal net weer:

  “Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg—hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.” Num 14:24 

  Die Hebreërs skrywer haal bogenoemde verwysing aan. Let op wat sê hy hierop. Hy maak dit van toepassing binne die konteks van die Nuwe Testament, binne hierdie erfenis, binne hierdie verstaan van die volheid van God wat reeds ons deel is. En dan sê hy die volgende: Heb 4:2 “Want aan ons is die evangelie ook verkondig (die goeie nuus) net soos aan hulle;” (daar was vir hulle ‘n beloofde land; dít was die goeie nuus. Vir óns beteken dit die volheidslewe in Christus; dít is vir ons die goeie nuus.). Hy sê “maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.

  Heb 4:3  “Want ons wat geglo het, gaan die rus in,” (nou gaan hy voort om te sê soos God gesê het, want hierdie rus wat vir ons oorbly, as dit die finale rus was wat Josua vir hulle wou gee, sou God nie weer praat van ‘n rus waar ons kon ingaan nie). Die skrif sê dat ons in die rus van God kán ingaan, want daar bly ‘n rus oor vir die volk van God. Soos hulle destyds die Woord van God moes vasgryp en dit moes glo, bly dit steeds die basis van die beleef van die rus. Hoe gaan ons in die rus in? Deur die afgehandelde realiteit van die Woord te ontdek en te glo! Dit het ons reeds gedoen; daarom beteken dit dat ons reeds in Sy rus ingegaan het toe ons saam met Hom gesterwe het en saam met hom opgestaan het. Nou is ons in Christus. Vir baie is dit net nog nie ‘n realiteit nie! Met Sy geloof in ons sal die rus ‘n al hoe meer werklikheid word! Gebruik jou Nagmaal. Dit is Sy Liggaam en Sy Bloed!


Dag 7. In Christus, in Sy rus!


Die Hebreërs skrywer skryf nou, mense julle moet verstaan dat ons is gelowiges. Dis die definisie van ons bestaan. Ons is mense van geloof en geloof wandel nie volgens die sintuie nie. Geloof kyk nie na die realiteite nie maar wandel volgens die uitsprake van God. Wat beteken dit in ons allerdaagse lewe, om te lewe as ‘n gelowige.

Weet jy, God kom nou en Hy eer vir Kaleb, een van die 12 verspieders, omdat hy nie deur die reuse geïntimideer was nie. En nou kom Kaleb in Num 13:30 “Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.” Dieselfde situasie, dieselfde omstandighede MAAR ‘n ander ingesteldheid. Maar die volk kies om dit nie te doen nie en hulle betaal die prys.

 Hulle verbeur egter hierdie erfenis vir ‘n hele geslag omdat hulle opinie oor hulself ontsettend negatief was. Hulle het hulself as sprinkane gesien teenoor die inwoners van die beloofde land. As jy jouself kleiner sien as wat God jou sien, beïnvloed dit jou optrede! Die Here kom en gee aan Kaleb ‘n belofte:

“Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg—hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.” Num 14:24

Christus het dit klaar vir ons moontlik gemaak om in Sy rus in te gaan. Toe Hy sterwe het ons saam met Hom gesterwe en ook saam met Hom opgestaan. Ons was in Hom, dus was ons ook in Sy rus. Daarom moet ons dit deur geloof aanneem. As ons sê ons moet Sy rus ingaan beteken dit nie ons moet daarvoor werk nie. Maar ons moet Hom vertrou dat Hy van Sy werke rus en só moet ons ook van ons werke rus! Ons wil hê jy moet die rus ten volle ervaar, daarom wil ons jou oor en oor aanmoedig totdat jy weet dat jy weet Christus het ALLES klaar gedoen. Daarom kan jy rus. Onthou jou Nagmaal.

https://youtu.be/JWiFYJMGas0


Dag 6. Vertoef ‘n bietjie langer by die spieël!

Dag 6. Vertoef ‘n bietjie langer by die spieël!

  Lees asseblief weer die laaste gedeelte van Dag 5 se dagstukkie wat begin met “Die probleem is,…”

  “Jakobus sê: Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, dié is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die woord, gelukkig wees in wat hy doen.” Jak 1:23 – 25.

  Nou wil ek vir jou in eenvoudige Afrikaans vertel wat Jakobus vir ons sê: Hier kry ons die verskil tussen ‘n toeskouer en ‘n deelnemer. Beide kyk in ‘n spieël. Altwee besef hulle kyk na hulle eie gesig, maar die eerste persoon dink dis te goed om waar te wees. Hy draai om en gaan terug na die wyse van hoe hy oor homself gevoel het. Hy vergeet onmiddelik wat hy in die spieël gesien het. Die tweede persoon is gevange geneem in wat hy in die spieël sien; hy dink aan  die effek wat die wet van die vryheid op sy lewe het. (díe wet wat hom vrygemaak het van die ‘doen’ om deur sy eie wilskrag iets te probeer wees). As dader van die Woord sal hy gelukkig wees in alles wat hy doen.

  Ons roeping is om “diep in te sien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby te bly.”  Sodat dit kan verander hoe ons oor onsself dink en hoe God oor ons dink, en hoe ons die beloofde land, die rus van die Here en die volheid van God in besit kan neem. Die vraag is steeds, kan jy jou as volmaak in Christus sien? Kyk hoe het hulle hulself gesien en oor hulself gepraat: “Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.” Jy sien, hoe jy na jouself kyk bepaal wat jy antisipeer. Jy sien, ons sal anders moet begin dink. Die Hebreërs skrywer sê: “En aan wie het Hy gesweer dat hulle in Sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.” Heb 3:18-19. Ek wil herhaal! Ons sal God se uitsprake oor ons lewe moet vertrou! Onthou jou Nagmaal.


Dag 5. Wat maak dit dat ons omdraai nog voordat ons in die rus kon ingaan?

   Onthou jy nog Dag 3 se dagstukkie. Oppad soontoe word die verspieders geintimideer deur die realiteite, die werklikhede, die teëspraak van die manne, dat dit só ‘n effek op hulle het dat hulle nie in die rus, in die beloofde land kan ingaan nie.

   Die storie lui so:

   Num 13:31-33 “Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons. So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne. Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle  oë.” Dit is só tipies hoe baie kinders van God hullesef steeds sien – MINDERWAARDIG.

   Dit hou die miljoene gelowiges steeds weg van die volheid van die ‘beloofde land’. Die Hebreër skrywer verwys daarna as die ‘rus van God.’ Die beloofde land was vir Israel ‘n plek van oorvloed en van rus en dit was ‘n skadubeeld van die realiteit van die lewe in Christus in die Nuwe Testament. Die nuwe lewe in Christus is ‘n lewe van oorvloed en rus vir élke gelowige. Ons moet egter nie in dieselfde ongehoorsaamheid en ongeloof lewe en só uitmis wat God reeds vir ons kom doen het nie.

   Die probleem is, wat dink ons dink húlle van ons. Het dit ‘n effek op jou lewe wat ander mense van jou sê en dink? God kom en maak hierdie geweldige uitsprake oor ons lewens, dan draai ons om en ons stap weg en Jakobus sê dan vergeet ons hoe ons gelyk het. Die Jakobus uitdaging vir ons is om diep in te sien in die volmaakte wet van vryspraak, sodat ons kan vashou aan hierdie oortuiging en orïentasie van wie ons eintlik werklik is. Ons gedagtes oor onsself word dikwels gevorm deur wat mense van ons sê of dink! In God se oë is jy ‘n kampioen en Hy sit ‘n 10 uit 10 op jou kop. Ongeag wat jy van jouself dink!  Van Onthou jou Nagmaal.

Dag 4. God het vir jou reeds alles inbetaal

Mariana Kleyn is my suster en sy woon, Gauteng. Sy en haar oorlede man Tienie het jare terug hulle eie besigheid begin. Hy was ‘n assessor wat eise namens verskeie versekeringsmaatskappye ondersoek het. Hulle het die besigheid opgebou tot 'n belowende kleinbesigheid.  Nadat Tienie in 2014 oorlede is, het Mariana en haar seun, Morné (ook 'n assessor) aangegaan met die besigheid.  Morné het groot skoene gehad om vol te staan, maar hy het hom goed van sy saak gekwyt. Ongelukkig het daar in 2015 groot veranderings in díe versekeringsmaatskappy gekom. Dit was die gevolg van sisteem veranderings.  Hierdie maatskappy was dan ook hulle grootste klieënt op daardie stadium. Hierdie veranderings het meegebring dat hulle meeste van hulle werk verloor het. In die jare wat volg het hulle baie teëspoed beleef en dit was soms baie moeilik om die pot aan die kook te hou. 

Omdat Mariana gereeld vir ons kom kuier het en ons haar gereeld besoek het, het ons die geleentheid gehad om gereeld met haar te praat oor dit wat die Here met my en Alta in ons lewens deel. Net voor die inperking het ek een oggend met haar gepraat en haar vertel waarmee die Here nou met my en Alta besig is. Daardie aand het sy my in trane teruggebel. Dit was 'n uitgeroep om hulp, dié keer geestelike hulp!  Ek het met haar begin praat oor die lewe Bo-die-Lyn en die lewe Onder-die-Lyn. Ek het vir haar verduidelik dat Bo-die-Lyn is die geestelike of I AM realm, die dinge wat nie kan verander nie, die dinge waarvoor God klaar Sy lewe gegee het. Onder-die-Lyn is die dinge wat geskep is, die dinge wat elke dag verander.

Sy het ingestem dat ek my dagstukkies elke dag aan haar kan deurstuur. Ons praat op ‘n daaglikse basis met mekaar en dan deel ons die Woord oor en weer. Dit het my onmiddelik opgeval dat Mariana ‘n nuwe ‘taal’ begin praat. Sy het onmiddelik begin soek na ‘n Bo-die-Lyn lewe!

Met die inperking kon hulle nou al vir ‘n maand nie uitgaan om eise te doen nie. Geen eise beteken dat geen geld inkom nie. Sy begin toe om deur haar besigheid se boeke te werk en kom met 'n skok agter dat daar heelwat van hulle fakture (vir eise wat reeds afgehandel was) nog uitstaande was - sommiges het sover as November 2019 terug dateer.  Sy het dadelik werk daarvan gemaak en dit begin opvolg met die betrokke maatskappye.  Nadat ondersoek ingestel is, is daar gevind dat die uitstaande fakture op 'n onverklaarbare wyse geliaseer was voordat betalings aangevra is. Gister is daar toe ‘n aansienlike bedrag in hulle rekening inbetaal!!

Wat is die les wat Mariana geleer het. Die bedrag geld wat klaar vir hulle gereserveer was het in ‘n bankrekening gelê en wag dat dit aan hulle uitbetaal moes word. Vir bykans 5 maande was dit afgehandel. Dit was wettiglik hulle besigheid se geld. Ons kan sê hier het ons te doen met Bo-die-Lyn realiteite. Nou kom die verrassing – Mariana kon bid en glo dat as daar uitstaande bedrae is, God in daardie mense se harte kon werk om die geld oor te betaal. Daar is nie baie dáármee verkeerd nie, maar die Woord sê, geloof sonder die werke is dood. Mariana het die geloof wat in haar is gebruik om die maatskappye te identifiseer wat miskien nog nie ‘n betaling gemaak het nie. Dis ‘n Onder-die-Lyn aksie. God het haar geloof geëer.

Weet jy God het vir jou reeds alles inbetaal wat jy in jou lewe nodig sal hê. Hy het Sy lewe daarvoor gegee. Al wat God in ruil wil hê is dat jy Hom onvoorwaardelik sal glo, en gehoorsaam sal wees om te doen wat jou hand vind om te doen. Miskien is jou behoefte vandag nie geld nie, maar enige iets anders waarvoor Jesus Sy lewe gegee het! Moenie jou nagmaal vandag vergeet nie!Moenie jou nagmaal vandag vergeet nie!


Dag 3. Identiteit bepaal jou gedrag.

   Jesus Christus is nou my nuwe punt van verwysing. Christus is nou die definisie van my ware identiteit. Die Bybel sê vir jou wie jy reeds is. 

   Hierdie nuwe identiteit is die fondasie van jou ware menswees. As jy anders dink oor wie jy is, gaan jy anders dink oor hoe jy leef. Met dít as verwysing kom God nou en sê ons is nou in Christus. Dis vanuit hierdie dimensie van lewe wat God noem, Sy rus.

   Identiteit bepaal jou gedrag.

1.      Hierdie beginsel word so duidelik vir ons uitgespel in die benadering van die twaalf verspieders van Israel.

2.      Hulle moes die land Kanaän gaan verspied en ‘n verslag terugbring oor hoe Israel hierdie beloofde grondgebied in ontvangs gaan neem.

3.      God het hulle klaar die beloofde land gegee. Beloftes is vas en kan nooit verander word nie! Dis ‘n Bo-die-Lyn realiteit.

4.      Dit is bestem dat dit hulle erfporsie is en nou moes hulle met groot vrymoedigheid en geloof in daardie beloofde land ingaan en dit in besit neem.

5.      Maar oppad soontoe word hulle geintimideer deur die realiteite, die werklikhede, die teëspraak van die manne, dat dit so ‘n effek op hulle het dat hulle nie in die rus, in die beloofde land kan ingaan nie.

   Weet jy dat daar altyd realiteite sal wees wat vir jou soos reuse sal lyk, jou sal intimideer en jou laat twyfel aan waartoe jy werklik in staat is. Onthou die beloofde land is nie vir eendag in die verte nie. Dis ‘n plek van rus in die Here waar jy weet dat jy weet God het reeds voorsien. Vir jou is dit ‘n Onder-die-Lyn belofte – vir God is dit ‘n Bo-die-Lyn afgehandelde werk. Rus vind jy wanneer jy gehoorsaam is, en geloof het in dít wat God reeds Bo-die-Lyn klaar gedoen het, vir altyd en altyd. Onthou jou Nagmaal. More gaan ek vir julle ‘n getuenis stuur van iemand wat hierdie beginsel persoonlik ervaar het. Dit kan ook jou lewe verander.


Dag 2. Dit is volbring – Kom ons gaan die rus in

   Kom ons kyk vandag in kort wat het die evangelie vir ons gedoen. Die begrip ‘evangelie’ beteken ‘die goeie nuus’. Nuus is iets wat klaar gebeur het!

1.      Ons hoef nie meer sekere goed te doen om te kwalifiseer vir die guns van God nie. Ons het ontdek dat Hy het ons volmaak gemaak. Ons kwalifiseer reeds vir Sy guns en Hy glimlag oor ons lewens.

2.      Daar is nie meer ‘n beloning vir ons toewyding nie. Ons leef reeds met die ewige lewe binne in ons!

3.      Ons is klaar met die ‘snakes and ladders’ speletjie. Ons is klaar gesukkel om deur die hindernisse te kom. Ons is saam met Hom by die ‘finish’ punt.

4.      Ons het ontdek dat die hemel is meer as ‘window shopping’. Ons hoef nie net te kyk met die hoop, eendag sal ek ook deel hê aan dit wat ek hoop nie. Ek het reeds van hoop na geloof beweeg – dis nou myne, dis nou ‘n realiteit.

5.      Ons leer dat elke belofte wat Hy oor my kom maak het is ja en amen. Deur die geloof maak ek dit nou myne. Onthou dat ons gesê het dat die koningkryk is só ontwerp dat dit met geloof werk.

6.      Ons het ontdek dat die evangelie baie meer bied as ‘n poging om net te kwalifiseer vir die hemel.

7.      Daar is egter baie meer aan die evangelie, want die goeie nuus is dat ons nou reeds ten spyte van die beperking van die vlees en die gebrokenheid van die wêreld om ons, deel kan hê aan die heerlikheid van God (Bo-die-Lyn). Alles wat ek in Christus waardeer, het Hy in my kom reproduseer.

8.      Die skrif waarna ons gekyk het om die goeie nuus te verduidelik, was Romeine 5:17:

  Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.”

  ‘Veel meer’ in díe verband beteken verséker veel meer! Na Adam se val en met hom die hele mensdom saam met hom, het die laaste Adam, Jesus, ‘veel meer’ lewe en oorvloed kom gee.

  Dis nou nodig om te verstaan dat al die bogenoemde ‘voordele’ reeds vir my en jou afgehandel is! Dit gaan uiteindelik vir my en jou in Sy rus inneem!

  Moenie jou nagmaal vergeet nie.


Dag 1. Dis nóú die tyd om God se geloof in jou te gebruik


  Op die huidige oomblik is daar nog 12 dae oor op die Inperkingsbevel vir die hele Suid Afrika. Die vraag wat ek aan myself gevra het is wat het die afgelope 23 dae in my eie lewe en omstandighede verander. Was dit vir my ‘n tyd van rus in die Here of ‘n tyd van bekommernis oor die dag van more – nie net oor ons eie situasie nie maar ook oor hulle met wie ons in verhouding staan. Die Here bemoedig ons egter in Matt 6:31,32 “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? …want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het”. Wat is die geheim dan? Onthou in Les 6 het ons geleer: “We look away from the natural realm and we fasten our gaze onto Jesus who birthed faith within us and who leads us forward into faith’s perfection (Heb 12:2) (The Passion Translation.) 

  Dis nóú die tyd om God se geloof in jou te gebruik. Jy hoef nie te vas en bid vir iets wat reeds aan jou toegesê is nie. Ek moet dit met daardie geloof ontvang. Byvoorbeeld: Hy het ons die geregtigheid van God in Christus gemaak. Ek ís nou die geregtigheid van God. Niks en niemand kan dit in jou lewe verander nie. Aanvaar dit met die geloof wat in jou is en begin God daarvoor dank. Jy ís God se geregtigheid, of jy nou so voel of nie. Rus daarin. Die werk is gedoen!

  Ons sal jou elke dag, stap vir stap neem totdat jy die dinge bo die Lyn joune gaan maak en daarin jou rus vind.

  Moenie jou nagmaal vergeet nie.


Lock-Down Word Verleng

  Met die "Lock-Down"  wat met 14 dae verleng is, bly daar 12 dae oor om 12 “dagstukkies” met jou te deel. Ek wil graag met jou deel oor die volgende onderwerp: “Hoe om in die rus van die Here in te gaan.” Ons wil dit sommer vir jou in klein stukkies elke dag opbreek. Vandag is slegs ‘n inleading. More DV begin ons om jou te vertel wat God reeds namens jou betaal het. As jy hierdie dinge glo en dit joune maak sal jy jouself in die rus van die Here bevind!

 



Les 17: Hoe raak ek en jy vry van die Wet

Romeine 7: As God se Wet ewig is, is dit dan nie bindend oor my lewe nie? Hoe kan ek vry kom van die wetlike eise wat dit oor my lewe het?

1.  In Romeine 7 praat Paulus met die Jode wat ónder die Wet leef.

2.  Hulle het nou ‘n probleem: Van hulle het nou Christus aangeneem maar sukkel met die rol van die Wet in hulle daaglikse lewe. Dis verstaanbaar want die Wet het elke aspek van hulle lewe beheer.

3.  Op ‘n meesterlike wyse verduidelik Paulus aan hulle hoe Christus hulle wetlik losgemaak het van die ‘Wet van die sonde en die dood’ en ook watter houvas die Wet op hulle gehad het.

4.  Paulus verduidelik dit by wyse van ‘n voorbeeld. Hy begin om die persoon wat nog onder die Wet lewe te vergelyk met ‘n vrou en haar man wat getroud is. Hierdeur is sy aan haar man gebind solank as wat albei nog lewe. Indien die vrou van haar man wil skei moet die man eers sterwe. Die man in hierdie geval verteenwoordig die Wet.

5.  Jesus het na die aarde gekom en die Wet onderhou. Sodoende het Hy al die wetlike vereistes vervul. Met ander woorde, Jesus was met die Wet getroud. Die enigste manier waarop Jesus kon vry kom van die Wet is dat één moes sterwe – Jesus of die Wet.

6.  Jesus het gesterwe en só was Hy vry van die Wet. Hoekom moes Jesús sterwe? As Jesus dan nou vry is van die Wet, hoe kom ek nou vry daarvan?

7.  Met verwysing na die gedeelte van die huwelik soos hierbo verduidelik beklemtoon Paulus die feit dat niemand kan tergelykertyd getroud wees met Christus en die Wet nie.

8.  Omdat die Wet ewig is, is die enigste weg vir my om vry te kom van die Wet, ek moet ook sterwe. Ek moet saam met Jesus sterwe. Dan is ek ook vry van die wetlike aanspraak wat die Wet oor my lewe het.

9.  Omdat ek in Christus is, is ek vry van die Wet! Moenie vir jouself wette maak wat jy voor jou siel weet jy kan nie hou nie.

Moenie jou nagmaal vergeet nie!


Les 16: Wie definieer jou?

Gister het ons hiermee gesluit.

Heb 1:1 “In die verlede het God baiekeer en op baie maniere tot ons voorvaders gespreek deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy tot ons gespreek deur die Seun.”

Jy sien God het ‘n nuwe gesprek oopgemaak. Ons durf nie iemand toelaat om ‘n ander gesprek oop te maak as die een wat God oopgemaak het oor ons lewens nie. Alleen God gee definiesie aan wie ons in Christus is.

In die Ou Testament is daar wondelike verhale van Moses, van Dawid, van Josef en al die wonderlike Godsmanne en vroue. Maar die skrywer van die Hebreërs kom en sê wees versigtig dat jy nie definiesie vir jou lewe vind in húlle lewe nie. Jy kan alleen Moses verstaan, jy kan alleen Dawid verstaan, jy kan alleen Josef verstaan as iemand wat betrekking het tot jou lewe, wanneer jy verstaan wat God reeds vir jou kom sê het in Christus.

Daar is geen ander uitspraak oor my lewe, as wat God kom sê het in Christus nie. Daar is geen profetiese uitspraak oor my lewe as wat God kom sê het in Christus nie. Mense kan alleen in my lewe inpraat wat God reeds gepraat het.

Daarom is dit krities wat God vir jou kom sê het in Christus. Sodat jy nie verward raak wanneer iemand wat diep geestelik is oor jou kom profeteer nie. Jy het nodig om te ontdek wat sê God vir jou in Christus. Dis die basis, dis die vertrekpunt van wat ek glo oor my eie lewe. Maak wérk daarvan, om van God te hoor oor jou eie lewe.


Les 15: Weet jy wat God se opinie oor jou is.

Voordat jy hierdie lering begin lees. Neem 5 minute van jou ty den skryf 10 punte neer van wat jy dink God se opinie oor jou is.

Weet dat God iets te sê het oor jou lewe. Jy sien God het ‘n uitspraak kom maak oor ons lewens. “As ons dink aan wat God vir ons gedoen het, wat kan die mens dan nog sê? God het ons aan Sy kant gesit, en wie sal ons kan oorwin? Rom 8:31 (Die Lewende Bybel) Mense kannie net links en regs hulle opinie oor jou lewe gee nie. Paulus vra die vraag:

Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. “Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.” Rom 8:33-34

Geen mens het vir jou kom sterwe nie! Mense het nie die reg om te weerspreek wat God oor jou lewe gespreek het nie. God sien net die beste in jou, Sy beeld met Sy heerlikheid – Hy het jou verhoog en jy sit in Hemelse plekke saam met Hom.

Dis ‘n sleutel tot die verstaan van die Nuwe Testament en dat jy sal ontdek wie jy in Christus is. Jesus Christus was God se uitspraak oor ons lewens. Hy ís die finale woord.

Heb 1:1 “In die verlede het God baiekeer en op baie maniere tot ons voorvaders gespreek deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy tot ons gespreek deur die Seun.”


Les 14: Wie sien jy in die spieël?

   2 Kor 3:18 “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na die selfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.”

   Wat sien jy wanneer jy in ‘n spieël kyk: “… terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël kyk – die heerlikheid van die Here aanskou. Alhoewel jy jou eie gesig sien, sê die Woord dat jy die heerlikheid van die Here aanskou. Heerlikheid in die Nuwe Testament is ‘doxa’. Hierdie woord word in die Vines Expository Dictionary soos volg beskryf – “Doxa  primarily denotes an opinion.” Jy sien in die OT was ‘Kabod’ hoofsaaklik die belewenis van die teenwoordigheid van God. Die gewig van God se nabyheid wat ons gedefinieer het as heerlkheid.

  In die Nuwe Testament word dit ‘n hele nuwe verwysing. Dis nou – God se teenwoordigheid is nou in my, maar meer as dit, dit word nou God se uitspraak, God se opinie oor my lewe. Jy sien as ek iemand verheerlik spreek ek positiewe en opbouende woorde oor sy lewe. Nou sê die Skrif, “en terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ek van gedaante verander, van heerlikheid tot heerlikheid,…

    Omdat ek my tot die Here bekeer het, is die bedekking weggeneem. Omdat my hart nie meer bedek is nie, is my gesig oop om in die spieël te kan kyk. Nou sien ek myself en ek word nóú verander na wat die Here oor my lewe sê. Kyk na jou gesig en spreek hardop uit wat God oor jou sê in die Bybel. Doen dit elke keer as jy in die spieël kyk. Dis Sy opinie oor jou. Hy sit ‘n 10 uit 10 op jou kop. Hierdie is ‘n sleutel. Sy uitspraak oor jou lewe is meer belangrik as enige ander uitspraak deur mense.

    More gaan ons verder met hierdie onderwerp. Onthou jy is ‘n 10 uit 10. 




Les 13. Ons is bevry van die ou dinge

   Ons moet alles iterpreteer vanuit ‘n nuwe sienswyse. Die Ou Testament was ‘n heenwysing, ‘n skadubeeld, en het uitgesien na ‘n realiteit wat dan nóú (let op die klem nóú) plaasgevind het, die kruisiging en opstanding van Jesus. Dis so belangrik dat ons dit sal verstaan. Veral in die geestelike konteks waarin ons grootgeword het. Ek onthou nog toe ek ‘n kind in die kerk was, was die eerste ding voordat enigiets gebeur het, die lees van die Wet. En die Bybel sê dat wanneer die Wet gelees word is daar ‘n bedekking oor jou hart.

   Jy sien, die Wet veroordeel jou, die Wet sê jy is skuldig. Die Wet word ‘n spieël waarin jy kyk en hy sê jy is nie goed genoeg nie. Dit gaan nooit heerlikheid in ons herstel nie. Dit gaan jou hou in daardie konteks van jou onvermoë – ek is net nie goed genoeg nie! Maar nou sê Paulus die volgende: 2Kor 3:16 “Maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.” (Afrikaans Ou Vertaling 1953).

   Bekeer in dierdie sin beteken: “To make an about turn. Wanneer hulle rigting verander op die manier wat hulle dink. Wat gebeur dan? Dan word die bedekking weggeneem. Kom ons hou aan bo die Lyn dink in die I AM realm.

    En nou sê hy:

   2Kor 3:17 “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” Hierdie vryheid wat hier van gepraat word is die bevryding van die ou verwysing. Nou sê hy die volgende: “…en terwyl ons almal die heerlikheid van die Here weerspieël, want die sluier is van ons gesig af weggeneem.”

   2Kor 5:17 “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

   (Ou dinge – Dit sluit ons ou identiteit in, ons lewe van sonde, die krag van Satan, ons goeie werke waardeur ons probeer om God tevrede te stel, ons ou verhoudinge met die wêreld, en ou gedagte patrone. Ons is nie net vernuwe of gerestoureer nie, maar ons is in wese nou ‘n nuwe skepping omdat ons een met Christus geword het. Ons het ook nou die inwoning van die Heilige Gees.)

   Het hierdie ou dinge regtig vir ons verbygegaan? Ons moet ophou probeer en IN CHRISTUS begin lewe! Moenie jou nagmaal vergeet nie.


Les 12: Is dit oneerlik om altyd te sê dit gaan goed. Is dit dan nie geloof nie?

1 Cor 3:13 “We are not like Moses, who put a covering over his face. He covered his face so that the people of Israel would not see it. The glory was disappearing, and Moses did not want them to see it end.” (ERV – Easy-to-Read-version)

Die waarheid is dat God geweet het dat die heerlikheid nie altyd by die mens sou “bly” nie. Maar dát Moses dit vir die volk wou wegsteek is verbasend. Sy gesag het in die heerlikheid van God gelê. Groot heerlikheid, groot gesag. Geen heerlikheid, geen gesag! Hy wou dit nie sigbaar maak dat sy gesag en outoriteit besig is om te taan nie. Só, kom dat ek eerder my verleentheid bedek of wegsteek.

Hoekom is dit so dat dat die mens ingestel is om altyd die blinkkant voor te hou. Pastoor Deiman het altyd díe raad gegee: Sê wat die werklike toestand is maar bely ook in dieselfde asem dat Christus het dit ín Hom om dit vir jou om te keer. Dan bely jy bo die lyn en jou geloof dra jou deur, onder die lyn, op die aarde. Dis in elk geval Sy geloof wat in jou gedeponeer is.

Ons moet verstaan dat daar ‘n duidelike verskil is in terme van hoe ons vandag kyk na die Ou Testament teenoor die Nuwe Testament. Die Ou Testament kan net verstaan word uit die openbaring van die Nuwe Testament. Tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament was daar ‘n kruis. Moet nooit vergeet dat die Ou Testament ‘n verwysing is na die Joodse Godsdiens. En dis juis waarvan ons verlos is. Onthou jou Nagmaal!


Les 11: Leef in die waarheid met ‘n onbedekte gesig!

   In die Ou Testament sien ons die poging hoedat die mens die Wet probeer onderhou, want hulle weet dit is die orde van God. Ons dink, as ons dit net kan regkry om die Wet te onderhou, dan kan ons weer funksioneer met heerlikheid. Dan lees ons in 1Kor 3 waar Paulus verwys na hoe dit was in die Ou Testament, hoe daar oomblikke was waar mense met God tyd spandeer het en dan het hulle die heerlikheid, hierdie gewigsbelewenisse met God gehad.

    Moses was een van hulle. Die Bybel sê hy het só geblink van die heerlikheid van God dat hy skielik gesag en outoriteit gehad het sodat die Israeliete na  hom geluister het. En toe kom Moses agter dat die heerlikheid is besig om te verdwyn. Weet jy wat doen Moses toe? Hy gaan kry vir hom ‘n sluier sodat die mense nie kan weet of die heerlikheid daar is of nie. En nou dink hy dat hy dieselfde gesag sal hê, dieselfde invloed sal hê, dieselfde gewig sal hê. Hy dink so terwyl die heerlikheid van God besig was om te lig.

    Kyk wat sê Paulus hiervan: Hy sê, mense julle moet verstaan dat Moses hierdie sluier gehad en ons moenie probeer om binne dieselfde konteks te probeer lewe nie want Moses kon nie meer vasklou aan die heerlikheid terwyl dit besig was om weg te gaan nie.

    2Kor 3:13 “Ons is nie soos Moses wat sy gesig met ‘n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was.” (Nuwe Testament en Psalms 1979)


Les 10: Heerlikheid in die Ou Testament.

In die Ou Testament is die woord wat vir heerlikheid gebruik word ‘kabod’. Dit beteken letterlik ‘gewig’. Die tasbare teenwoordigheid van God. En hierdie gewig word deel van die mens. Toe God die mens maak toe blaas Hy in hom in die asem van die lewe en God blaas in die mens in die gewig van God. En Adam het geheers vanuit daardie gewig. Hy het geheers oor die skepping. Hy het Goddelike gesag gehad.

Daar is ‘n spreekwoord: Hierdie een of daardie een het gewig. Jy sien dit spreek nie van gewig soos op die skaal nie, maar outoriteit. As ons sê iemand dra gewig, dan praat ons van outoriteit, praat ons van invloed, praat ons van ‘presence’. As iemand baie gesag en invloed het praat ons van iemand wat ‘n swaargewig in die samelewing is. Die interessantheid is ons “verloor” daardie heerlikheid, daardie gewig. Heerskappy kan van ons ontneem word soveel so dat ons dit byna nie meer “sien” in ons lewens nie. Wanneer dit gebeur leef die mens met hierdie skuldgevoel. Jy voel verward en baie maal skaam. Nou in plaas daarvan om te heers en in plaas om gesag ten toon te stel, leef die mens nou teenoor homself met skade, seer en pyn. Die beginsel is dat enige iets wat jy buite jou skeppingsdoel aangewend, bring altyd skade. As jy nie leef waarvoor jy gemaak is nie, word jy beskadig. Dan sien ons hoe die Here weer kom om restourasie in ons lewens te bring. Tog probeer die mens om elke keer weer sy eie gewig daar te stel en ons verlaat ons op werke. Die mens het deur die eeue heen altyd probeer om homself te verbeter.


Les 9: Jy vind jou identiteit in Christus. Dis die omgewing waar jy leef.

   Ons moet die rots ontdek waaruit ons gekap is. Dis interessant dat die Skrif sê dat toe hulle die tempel gebou het was daar geen geluid van hamer of beitel by die tempel nie. Die klippe is in die steengroef klaar volgens maat gekap en na die bouterrein gedra. 1Kon 6:7. Wow, elke klip is vooraf volmaak gevorm vir sy nuwe funksie. Mense, ons was klaar gevorm in Christus, klaar volmaak gemaak, en ons identiteit is vas omdat ons in Christus Jesus is.

   1Pet 2:5 “en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis.” Ons is klaar gevorm met ‘n Christus identiteit. Jy is in Sy huis ingebou! Ons wil mense voorstel aan hulle ware identiteit ín Christus. Onthou jy ontdek jou identiteit binne die konteks van jou omgewing. Jou omgewing is in Christus! Niks en niemand kan my identiteit verander wanneer ek uit die I AM gebore is nie. Ek kan nie van ‘n skoenlapper met ‘n skoenlapper identiteit na ‘n wurm met ‘n wurm identiteit terugkeer nie. Net so kan ek nie van kind van God, met ‘n kind van God identiteit na sondaar met ‘n sondaar identiteit terugkeer nie!

   Die sleutel vir ons is om nou te leef vanuit die openbaring van daardie nuwe  Christus identiteit. My nuwe lewensgedrag sal vir my wys wat my nuwe identiteit is. ‘n Boom word aan sy vrugte geken. Luk 6:44. Sien, Paulus skryf in Rom 3:23 “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.”  My I AM identiteit sal ‘n heerlikheidsdraer van God wees. Leef jou Christus lewe!


Les 8: Jy is nie 'n sirkus-leeu nie!

    “We are not reformed or simply refurbished, we are made completely new by our union with Christ and the indwelling of the Holy Spirit” 2Kor 5:17.

    Ons is nie besig om van slegte mense beter mense  te probeer maak nie. Ons wil mense voorstel aan hulle ware identiteit in Christus. Jy ontdek slegs jou identiteit binne die konteks van jou omgewing.

   As jy ooit die geleentheid kry om in die wildtuin te kom en jy kan ‘n leeu van naby aanskou, so naby dat jy in sy oë kan kyk, sal jy in daardie oomblik bewus raak van die gesag en die outoriteit van hierdie wese. Hy laat hom nie intimideer nie! Maar weet jy, as jy daardie leeu vat en jy sit hom in ‘n sirkus dan verander iets in hom. Skielik raak hy angstig en hy begin rondhardloop. Jy sien, daar is ‘n man met ‘n sweep. En soos wat die sweep klap begin die leeu sekere goed doen. Jy sien sy gedrag is aangepas en hy is bereid om sy gedrag aan te pas as gevolg van sy vrees vir die sweep.

   Baie keer is dit hoe ons in die konteks van ons geloofslewe is. Baie keer is dit hoe ons as Christene dink oor ons eie verwysingsraamwerk. Maar ek waarborg jou as daardie leeu klaar is in die arena en hy gaan terug na sy hok toe, dan sit hy nie daar in die hok en oefen sy toertjies nie. Hoekom? Want daar is nie ‘n sweep nie. In die sirkus moet die leeu bang gehou word deur die sweep.

   Ou Pastoor PD Le Roux het altyd gesê: ‘As jy iemand kry om die Here te dien deur hom bang te maak, beter jy seker maak dat jy hom bang hou.’ Solank jy die sweep klap dien hy die Here.

   Weet jy, as jy daardie leeu terug vat na sy natuurlike omgewing, dan ontdek hy skielik wie hy waarlik is. Dan word hy weer leeu. As jy hom terugvat na sy natuurlike habitat dan word hy weer wat hy oorspronklik bedoel was om te wees. Jy ontdek slegs jou identiteit binne die konteks van jou omgewing. En dis presies wat ons met mense doen – ons stel hulle voor aan hulle ware omgewing, in Christus Jesus, want “in Hom leef ons en beweeg ons en is ons.” Hand 17:28

   Ons moet verstaan dat ons nie slegs van slegte mense beter mense  wil maak nie. Moenie jou nagmaal tydens hierdie Paastyd nalaat nie. Let anything that is not of God PASS OVER!🍞


Les 7: Jy is nie meer ‘n arme sondaar nie!

   Kom ons begin dink oor onsself soos God oor ons dink! Salomo sê: Soos ‘n man in sy hart dink so is hy! Spr 23:7. Wie dink jy is jy? Kind van God of sondaar?

   Ons ken almal die verskynsel wat ons Metamorfose noem. Dis wanneer die sywurm verander en doodgaan en totaal en al ‘n mot word. ‘n Wurm wat blare eet en op die grond kruip verander na ‘n mot wat kan vlieg!!

   Die wurm is nou dood. Die mot is nou in sy plek. Die mot het vlerke en kan vlieg. Die mot eet nou nie meer blare nie, maar leef van die taai en soet nektar van blomme en bloeisels. Die mot is nou ‘n mot met die DNA van ‘n mot. As die mot steeds dink hy is ‘n wurm sal hy teruggaan en op die grond kruip en blare eet.

   Ons almal was in ‘n sin soos die wurm. Ons almal het gesondig. Dít omdat Adam se sonde ons almal daarna sondaars gemaak het. Ons het gedink soos sondaars, gedoen soos sondaars en gepraat soos sondaars. Ek was ‘n sondaar maar toe Jesus vir my sterf, het ek saam met Hom gesterf. Toe Jesus lewendig word toe word e kook lewendig en nou is ek nie meer ‘n sondaar nie maar ‘n nuwe skepsel. Ons noem dit wedergeboorte. Ek kruip nie meer rond soos ‘n “wurm” nie want ek is nie meer ‘n wurm nie. Ek is ‘n wedergebore kind van God en dink nie meer ek is ‘n sondaar nie; daarom leef ek soos ‘n kind van die Here. My nuwe identiteit is nou “KIND VAN GOD”. Ek is uit I AM gebore. Om as kind van God te kwalifiseer moet jou DNA verander. Nou het jy I AM se DNA.

   In die lig van die Paastyd gaan ons more met jou praat oor “Die ou dinge het verbygegaan.


Les 6: God het ‘n wye spektrum van Geestelike kos.

   Ek vra jou nie vandag hoe jy na die vlees voel nie! Het jy geweet dat God se geloof in jou is. “We look away from the natural realm and we fasten our gaze onto Jesus who birthed faith within us and who leads us forward into faith’s perfection” (Heb 12:2) The Passion Translation. “Let the faith of God be in you.” (Mark 11:22) TPT. Onthou God het Sy Koninkryk só ontwerp dat dit met geloof werk – Sy geloof! Dis met hierdie tipe geloof dat ek glo en ervaar die vrug van die Heilige Gees is geestelike kos. Kos en water wat van I AM af kom is geestelik van aard. Ons kan ook sê, bo die Lyn kos! Die I AM se kos kry jy alleen wanneer jy in Sy heerlikheid en in Sy teenwoordigheid woon. ‘Met jou kop in die hemel en jou voete op die aarde’.

   “Daarom moet julle jul nie kwel (onder die Lyn) en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink… nie…. want julle hemelse Vader weet dat julle ete en drinke nodig het. Maar soek eers die Koninkryk van God en sy geregtigheid (bo die lyn), en al die ete en drinke (onder die Lyn) sal vir julle bygevoeg word.” (Matt 6:31-33). Net weer; Koninkryk van God en sy geregtigheid is onsigbaar en in die I AM gebied – bo die lyn en dit werk met God se geloof wat in my is.

   Daarom is dit so belangrik dat jy en jou huis elke dag nagmaal sal neem. In die geestelike realm (bo die Lyn) deur die geloof, eet ons Sy liggaam en drink ons Sy bloed terwyl ons steeds op die aarde lewe (onder die Lyn). Jy sien, “…wat die Gees bedink, is lewe en vrede.” Rom 8:6. En moenie vergeet om die Here hiervoor te loof en te aanbid nie.


Les 5: Daar is ‘n oplossing vir elke gebeurlikheid.

   ‘n Boer sê dat in die bos/boord is die gesondste bome díe bome wat op hulle eie vrugte oorleef. Sulke bome het nie bemesting nodig nie en hulle oeste is groter as die normale! “He feasts on his own fruit”. Dis ‘n Bybelse beginsel. “Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet”. (2 Tim 2:6)

   As emosies jou in hierdie afsonderingstyd onder kry, moenie yskas toe hardloop nie. Kyk na die I AM bo die Lyn en eet jou vrug van geduld of watter vrug jy ookal op daardie oomblik nodig het. Elke vrug bestaan uit 9 skywe. Een skyf vir ten minste elke moontlike negatiewe emosie. Dit word persoonlik vir jou gegee om elke situasie te oorwin! Die vrug van die Gees bevat al die vitamines wat jy nodig het vir ‘n gesonde en gebalanseerde lewensstyl in die Gees.


Les 4: Hoekom moet ek my eie vrug eet.

  Sowat 4 jaar gelede was ons Household lede vir 14 dae op ‘n toer deur die suide van Namibië. Dit was die wonderlikste ervaring van my lewe. Elke lid het die beginsel verstaan om jou eie vrug te eet. Beteken dit dat niemand het gefrustreerd geword nie, niemand het aanstoot geneem nie, niemand het “uitgehak” nie, niemand het kwaad geword nie. Nee, hulle het deur al die negatiewe emosies gegaan. Maar hulle het geweet om hulle eie vrug van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid (geduld), vriendelikheid, goedheid, geloof (betroubaarheid), sagmoedigheid en selfbeheersing te eet. Wanneer iemand so ‘n bietjie “af” geraak het, is hy sommer dadelik daarop gewys om sy eie vrug te eet.

 

Hoekom wil ons altyd hê dat ander mense moet ons uitbarstings sluk. Die vrug van die Heilige Gees word nie aan jou gegee om uit te deel nie! Ander mense wil baie keer nie eens jou vrug eet nie. Want jy is ongeduldig, jy het nie selfbeheersing nie, jy’s ontevrede met alles! Jou vrugte is suur en baie keer nog nie ryp nie. Jou vrug is vir jouself bedoel. As jy mooi sterk geword het en opgegroei het met die vrug van die Gees as hoofbestandeel, sal mense onder jou boom kom skuiling soek en só van jou vrug geniet. Moenie jou nagmaal vergeet nie.


Les 3. Ek moet leer om my eie vrug wat die Heilige Gees my gee, te eet!

 


    Vir party van ons word die huis nou te klein en vir ander word die huis te groot. Ons het nooit geleer om vir 21 dae binne die huis se 4 mure saam te lewe nie. Selfs nie eens wanneer ons op vakansie was nie. Daar was altyd ander mense rondom ons. Ons kon selfs die winkels en eetplekke besoek. Hoe dit ookal sy, om dag vir dag so in mekaar se ‘gesigte’ te wees het ek voorwaar die vrug van die Heilige Gees nodig om my gees self te voed.

 Op die Heilige Gees se spyskaart is daar vandag: Liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid (geduld), vriendelikheid, goedheid, geloof (betroubaarheid), sagmoedigheid en selfbeheersing. Dis jou kos wat die Heilige Gees jou vandag gee om te eet. Die inname van Sy vrug help jou vandag om soos ‘n volwassene volwassene in Christus op te tree. Die ander mense in jou huishouding moet ook hulle eie vrug eet. As jou vrug ryp en sappig is sal jy dit wíl eet. Die mense rondom jou wil nie jou vrug eet as dit suur en bitter is nie. ‘n Boom word aan sy vrugte geken:

  More gaan ons bietjie praat oor hoekom ek my eie vrug moet eet.


Les 2. Ek moet honger en dors wees na die Here.


  Ons het gister geëndig met 1 Kor 10:3-4 waar die volk van die Here geestelike kos geëet en geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit die geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Hoe moet ek honger en dors word na die Here? Die I AM se kos kry jy alleen wanneer jy in Sy heerlikheid en in Sy teenwoordigheid woon.

  “Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare! My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God. Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig.” (Psa 84:1,2,4,5) ‘Met jou kop in die hemel en jou voete op die aarde’.

  Ware lofprysing en aanbidding hou my in God se teenwoordigheid! “Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.” (Heb 13:15) Dit bly steeds een van die belangrikste maniere hoe God van Homself meer en meer in my lewe kan ‘download’. Ek loof God nie omdat ek so voel nie. Ek loof Hom vir wie Hy is – I AM!

Sunday, May 10, 2020

Les 1:

 Dis nou die tyd om krities na jou geestelike dieet te kyk. Sondae is bewys, nie meer genoeg om te gaan uiteet met ‘n kerkdiens geleentheid nie. In elk geval is die meeste kerke vir 21 dae gesluit. Nou word ons bedien met ‘streaming’ oor die internet. Dit help! maar 20 minute per week is nie genoeg om jou geestelik gesond te hou nie! Jy moet ook gedurende die week geestelike kos inkry. Onthou jy moet groei “tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.” (Eph 4:13)

1 Kor 10:3-4 vertel ons van God se volk in die woestyn. Vandag voel ons ook dat ons in ‘n woestyn ronddwaal. God se volk het geestelike kos geëet en geestelike drank gedrink, want hulle het gedrink uit die geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Die Woord sê: En hierdie dinge was voorbeelde vir ons. Wat leer ek uit dié situasie. Minder Corona virus-nuus alles wat daarmee gepaard gaan en meer nuus vanaf die Geestelike realm uit die hart van I AM. ‘n Goeie begin is om met die skrifte te beginwat ons in dié dagstukkies aanhaal. Moenie jou Nagmaal vergeet nie! Seën jou broodjie en dan eet jy dit!


Lockdown 27 - 30 MAART 2020


Hy julle. Ek gaan vir julle 2 whatsApps stuur. Hierdie een is die verskil tussen die onsigbare realm (Unseen realm) en die sigbare realm (Seen realm). Die onsigbare realm is bo die lyn. Dis waar I AM is. Ons leef onder dié lyn op dié aarde maar ons bedink die dinge daarbo! 🍞

I.         27/03/2020 Filippense 4:8 “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is - watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit”

Tussen al die negatiewe dinge rondom ons, kom ons bedink dié dinge bo die Lyn. 🍞 Kolossense 3:2 “Bedink dié dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie”🍞 3/27/2020] Breaking news: Attie sê nou net oom Angus sê AL dié Bybels in America is uitverkoop! 🙏

II.        28/032020 Almal in ons land se gedagtes is nie op dieselfde plek nie. Vrees is besig om die oorhand te kry. Dit hang af waar is jou kop. Onder die Lyn of bo die Lyn.

Die Woord sê: Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorsprong van die lewe. SPREUKE 4: 23.

Dis ‘n bo die Lyn ervaring! Op die aarde is daar vandag min goeie nuus. As ons met ons oë en ore net op die nuus en alles op sosiale media fokus, gaan ons vrees en bekommernis in ons harte toelaat (Onder die Lyn). Of ons kan fokus op I AM (Bo die Lyn). Die keuse is joune! “The Name of the Lord is a strong Tower, the righteous run into it and they are saved.” Ons kan vandag IN HOM, in Sy omgewing ALLES vind wat ons nodig het. It is finish. Hy het klaar daarvoor betaal! 🍞

III.          29/03/2020 Hierdie brood - dagstukkie kom vandag van my, Alta af.  Ek het altyd tydens nagmaal nie veel aandag aan my broodjie gegee nie, want ek het nie geweet hoe werk dit regtig om Sy vlees te eet nie.

Met my broodjie in my hand sê Johan toe nou die dag dat Jesus ervaar nóú dat jy van Sy vlees eet.... en skielik sien ek hoe Hy stilstaan en sê: Iemand eet nou van My vlees!

Dadelik kry ek die prentjie van die bloedvloeiende vrou wat die soom van Sy kleed aanraak. Hy het stil gaan staan en sê toe: "Iemand het my nou net aangeraak want krag (genesing) het van My uitgevloei". Sy het van Sy vlees geëet.

Dieselfde is van toepassing: Op die aarde, tydens nagmaal eet ons brood en drink ons sap/wyn. Maar in die Hemelse realm eet ons Sy vlees en drink ons Sy bloed.

Nagmaal sal nooit weer vir my dieselfde wees nie. 🍞

IV.       30/03/2020 Vandag gee ek vir jou ‘n GROOT stuk brood maar eet dit asb stukkie vir stukkie. 🍞

John 3:13 The Passion Translation (TPT)

13 No one has risen into the heavenly realm except the Son of Man who also exists in heaven.”

Joh 3:13 Jesus deel ‘n geheim met Nikodemus. Terwyl Jesus op die aarde bedien het was Hy ook terselfdertyd in die hemel in die I AM realm, ook genoem die geestelike realm (bo die lyn). Om in twee plekke op dieselfde tyd te wees is ook die voorreg wat aan elke kind van die Here gegee is. Ons sit saam met Christus in hemelse plekke en nogtans leef ons ons aardse lewens om Hom te plesier. Dit is wat dit beteken om “in Christus” te wees. Lees asb Efes. 2:6; Kol. 3:1-5. In die realm van die Gees is die hemel en aarde een. Jesus vertel vir Nikodemus dat alleen húlle wat saam met Hom in die hemelse realm sit kan die geestelike waarhede verstaan. Lees 1 Kor. 2:1-10. In die Afrikaanse Ou Vertaling Joh 3:13 praat Johannes van “die Seun van die mens wat in die hemel is” Die Aramees is meer duidelik “die Seun van die mens wie in die hemel is.” Ek is in die hemel maar leef op die aarde! My oorsprong is in die hemel! (born from above). 🍞 LEES ASB DIE SKRIFGEDEELTES SOOS EK DIT AANDEDUI HET.😊

V.        Dis gedurende dié “21 dae Lockdown” waarin jy somtyds vasgekluister sit in ‘n beperkte ruimte terwyl daar soveel emosies is waardeur jy in een dag moet werk: depressie, vrees, haat, onsekerheid, selfbejammering, woede en so kan ons aanhou.

Dis alles dinge wat ons op die aarde, in die sigbare wêreld, onder die Lyn ervaar. Hoe nou gemaak? Vir die volgende paar dae gaan ek vir julle help om te ontdek wat die uitweg is! Ons het vir julle die afgelope jare wonderlike leringe in die Household gegee - dis nóú die tyd om hierdie leringe in ons lewens toe te pas.🍞More begin ons met ons eerste les - My geestelike dieet.

Gedurende die “21 dae Lockdown” waarin jy somtyds vasgekluister sit in ‘n beperkte ruimte terwyl daar soveel emosies is waardeur jy in eendag moet werk: depressie, vrese, haat, onsekerheid, selfbejammering, woede, ens.

Dis alles dinge wat ons op die aarde, in die sigbare wêreld, onder die Lyn ervaar. Hoe nou gemaak? Vir die volgende paar dae gaan ek vir julle help om te ontdek dat daar ‘n uitweg is. Ons het vir julle die afgelope jare soveel leringe in die Househld gegee – dis nóú die tyd om hierdie lesse in ons lewens toe te pas.