Kom ons
begin dink oor onsself soos God oor ons dink! Salomo sê: Soos ‘n man in sy hart
dink so is hy! Spr 23:7. Wie dink jy is jy? Kind van God of sondaar?
Ons ken
almal die verskynsel wat ons Metamorfose noem. Dis wanneer die sywurm verander
en doodgaan en totaal en al ‘n mot word. ‘n Wurm wat blare eet en op die grond
kruip verander na ‘n mot wat kan vlieg!!
Die wurm is
nou dood. Die mot is nou in sy plek. Die mot het vlerke en kan vlieg. Die mot
eet nou nie meer blare nie, maar leef van die taai en soet nektar van blomme en
bloeisels. Die mot is nou ‘n mot met die DNA van ‘n mot. As die mot steeds dink
hy is ‘n wurm sal hy teruggaan en op die grond kruip en blare eet.
Ons almal
was in ‘n sin soos die wurm. Ons almal het gesondig. Dít omdat Adam se sonde
ons almal daarna sondaars gemaak het. Ons het gedink soos sondaars, gedoen soos
sondaars en gepraat soos sondaars. Ek was ‘n sondaar maar toe Jesus vir my
sterf, het ek saam met Hom gesterf. Toe Jesus lewendig word toe word e kook
lewendig en nou is ek nie meer ‘n sondaar nie maar ‘n nuwe skepsel. Ons noem dit
wedergeboorte. Ek kruip nie meer rond soos ‘n “wurm” nie want ek is nie meer ‘n
wurm nie. Ek is ‘n wedergebore kind van God en dink nie meer ek is ‘n sondaar
nie; daarom leef ek soos ‘n kind van die Here. My nuwe identiteit is nou “KIND
VAN GOD”. Ek is uit I AM gebore. Om as kind van God te kwalifiseer moet jou DNA
verander. Nou het jy I AM se DNA.
In die lig
van die Paastyd gaan ons more met jou praat oor “Die ou dinge het verbygegaan.
No comments:
Post a Comment