‘n Boer sê
dat in die bos/boord is die gesondste bome díe bome wat op hulle eie vrugte
oorleef. Sulke bome het nie bemesting nodig nie en hulle oeste is groter as die
normale! “He feasts on his own fruit”. Dis ‘n Bybelse beginsel. “Die landbouer
wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet”. (2 Tim 2:6)
As emosies
jou in hierdie afsonderingstyd onder kry, moenie yskas toe hardloop nie. Kyk na
die I AM bo die Lyn en eet jou vrug van geduld of watter vrug jy ookal op
daardie oomblik nodig het. Elke vrug bestaan uit 9 skywe. Een skyf vir ten
minste elke moontlike negatiewe emosie. Dit word persoonlik vir jou gegee om
elke situasie te oorwin! Die vrug van die Gees bevat al die vitamines wat jy nodig
het vir ‘n gesonde en gebalanseerde lewensstyl in die Gees.
No comments:
Post a Comment