Ek vra jou
nie vandag hoe jy na die vlees voel nie! Het jy geweet dat God se geloof in jou
is. “We look away from the natural realm and we fasten
our gaze onto Jesus who birthed faith within us and who leads us forward into
faith’s perfection” (Heb 12:2) The Passion
Translation. “Let the faith of God be in you.” (Mark 11:22) TPT. Onthou
God het Sy Koninkryk só ontwerp dat dit met geloof werk – Sy geloof! Dis met
hierdie tipe geloof dat ek glo en ervaar die vrug van die Heilige Gees is
geestelike kos. Kos en water wat van I AM af kom is geestelik van aard. Ons kan
ook sê, bo die Lyn kos! Die I AM se kos kry jy alleen wanneer jy in Sy heerlikheid
en in Sy teenwoordigheid woon. ‘Met jou kop in die hemel en jou voete op die
aarde’.
“Daarom moet
julle jul nie kwel (onder die Lyn) en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink…
nie…. want julle hemelse Vader weet dat julle ete en drinke nodig het. Maar
soek eers die Koninkryk van God en sy geregtigheid (bo die lyn), en al die ete
en drinke (onder die Lyn) sal vir julle bygevoeg word.” (Matt 6:31-33). Net
weer; Koninkryk van God en sy geregtigheid is onsigbaar en in die I AM gebied –
bo die lyn en dit werk met God se geloof wat in my is.
Daarom is dit so belangrik dat jy en jou huis elke dag nagmaal
sal neem. In die geestelike realm (bo die Lyn) deur die geloof, eet ons Sy
liggaam en drink ons Sy bloed terwyl ons steeds op die aarde lewe (onder die
Lyn). Jy sien, “…wat die Gees bedink, is lewe en vrede.” Rom 8:6. En moenie
vergeet om die Here hiervoor te loof en te aanbid nie.
No comments:
Post a Comment