Mariana Kleyn is my suster en sy woon, Gauteng. Sy en haar oorlede man Tienie het jare terug hulle eie besigheid begin. Hy was ‘n assessor wat eise namens verskeie versekeringsmaatskappye ondersoek het. Hulle het die besigheid opgebou tot 'n belowende kleinbesigheid. Nadat Tienie in 2014 oorlede is, het Mariana en haar seun, Morné (ook 'n assessor) aangegaan met die besigheid. Morné het groot skoene gehad om vol te staan, maar hy het hom goed van sy saak gekwyt. Ongelukkig het daar in 2015 groot veranderings in díe versekeringsmaatskappy gekom. Dit was die gevolg van sisteem veranderings. Hierdie maatskappy was dan ook hulle grootste klieënt op daardie stadium. Hierdie veranderings het meegebring dat hulle meeste van hulle werk verloor het. In die jare wat volg het hulle baie teëspoed beleef en dit was soms baie moeilik om die pot aan die kook te hou.
Omdat
Mariana gereeld vir ons kom kuier het en ons haar gereeld besoek het, het ons die
geleentheid gehad om gereeld met haar te praat oor dit wat die Here met my en
Alta in ons lewens deel. Net voor die inperking het ek een oggend met haar
gepraat en haar vertel waarmee die Here nou met my en Alta besig is. Daardie
aand het sy my in trane teruggebel. Dit was 'n uitgeroep om hulp, dié keer
geestelike hulp! Ek het met haar begin
praat oor die lewe Bo-die-Lyn en die lewe Onder-die-Lyn. Ek het vir haar
verduidelik dat Bo-die-Lyn is die geestelike of I AM realm, die dinge wat nie
kan verander nie, die dinge waarvoor God klaar Sy lewe gegee het. Onder-die-Lyn
is die dinge wat geskep is, die dinge wat elke dag verander.
Sy het
ingestem dat ek my dagstukkies elke dag aan haar kan deurstuur. Ons praat op ‘n
daaglikse basis met mekaar en dan deel ons die Woord oor en weer. Dit het my
onmiddelik opgeval dat Mariana ‘n nuwe ‘taal’ begin praat. Sy het onmiddelik
begin soek na ‘n Bo-die-Lyn lewe!
Met die
inperking kon hulle nou al vir ‘n maand nie uitgaan om eise te doen nie. Geen
eise beteken dat geen geld inkom nie. Sy begin toe om deur haar besigheid se
boeke te werk en kom met 'n skok agter dat daar heelwat van hulle fakture (vir
eise wat reeds afgehandel was) nog uitstaande was - sommiges het sover as
November 2019 terug dateer. Sy het
dadelik werk daarvan gemaak en dit begin opvolg met die betrokke
maatskappye. Nadat ondersoek ingestel
is, is daar gevind dat die uitstaande fakture op 'n onverklaarbare wyse
geliaseer was voordat betalings aangevra is. Gister is daar toe ‘n aansienlike
bedrag in hulle rekening inbetaal!!
Wat is die
les wat Mariana geleer het. Die bedrag geld wat klaar vir hulle gereserveer was
het in ‘n bankrekening gelê en wag dat dit aan hulle uitbetaal moes word. Vir
bykans 5 maande was dit afgehandel. Dit was wettiglik hulle besigheid se geld.
Ons kan sê hier het ons te doen met Bo-die-Lyn realiteite. Nou kom die
verrassing – Mariana kon bid en glo dat as daar uitstaande bedrae is, God in
daardie mense se harte kon werk om die geld oor te betaal. Daar is nie baie
dáármee verkeerd nie, maar die Woord sê, geloof sonder die werke is dood.
Mariana het die geloof wat in haar is gebruik om die maatskappye te
identifiseer wat miskien nog nie ‘n betaling gemaak het nie. Dis ‘n
Onder-die-Lyn aksie. God het haar geloof geëer.
Weet jy God
het vir jou reeds alles inbetaal wat jy in jou lewe nodig sal hê. Hy het Sy
lewe daarvoor gegee. Al wat God in ruil wil hê is dat jy Hom onvoorwaardelik
sal glo, en gehoorsaam sal wees om te doen wat jou hand vind om te doen.
Miskien is jou behoefte vandag nie geld nie, maar enige iets anders waarvoor
Jesus Sy lewe gegee het! Moenie jou nagmaal vandag vergeet nie!Moenie jou
nagmaal vandag vergeet nie!
No comments:
Post a Comment