Jesus Christus is nou my nuwe punt van verwysing. Christus is nou die definisie van my ware identiteit. Die Bybel sê vir jou wie jy reeds is.
Hierdie nuwe
identiteit is die fondasie van jou ware menswees. As jy anders dink oor wie jy is,
gaan jy anders dink oor hoe jy leef. Met dít as verwysing kom God nou en sê ons
is nou in Christus. Dis vanuit hierdie dimensie van lewe wat God noem, Sy rus.
Identiteit
bepaal jou gedrag.
1. Hierdie beginsel word so duidelik vir
ons uitgespel in die benadering van die twaalf verspieders van Israel.
2. Hulle moes die land Kanaän gaan
verspied en ‘n verslag terugbring oor hoe Israel hierdie beloofde grondgebied
in ontvangs gaan neem.
3. God het hulle klaar die beloofde land
gegee. Beloftes is vas en kan nooit verander word nie! Dis ‘n Bo-die-Lyn
realiteit.
4. Dit is bestem dat dit hulle erfporsie
is en nou moes hulle met groot vrymoedigheid en geloof in daardie beloofde land
ingaan en dit in besit neem.
5. Maar oppad soontoe word hulle
geintimideer deur die realiteite, die werklikhede, die teëspraak van die manne,
dat dit so ‘n effek op hulle het dat hulle nie in die rus, in die beloofde
land kan ingaan nie.
Weet jy dat
daar altyd realiteite sal wees wat vir jou soos reuse sal lyk, jou sal
intimideer en jou laat twyfel aan waartoe jy werklik in staat is. Onthou die
beloofde land is nie vir eendag in die verte nie. Dis ‘n plek van rus in die
Here waar jy weet dat jy weet God het reeds voorsien. Vir jou is dit ‘n
Onder-die-Lyn belofte – vir God is dit ‘n Bo-die-Lyn afgehandelde werk. Rus
vind jy wanneer jy gehoorsaam is, en geloof het in dít wat God reeds Bo-die-Lyn
klaar gedoen het, vir altyd en altyd. Onthou jou Nagmaal. More gaan ek vir
julle ‘n getuenis stuur van iemand wat hierdie beginsel persoonlik ervaar het.
Dit kan ook jou lewe verander.
No comments:
Post a Comment