Onthou jy nog Dag 3 se dagstukkie. Oppad soontoe word die verspieders geintimideer deur die realiteite, die werklikhede, die teëspraak van die manne, dat dit só ‘n effek op hulle het dat hulle nie in die rus, in die beloofde land kan ingaan nie.
Die storie
lui so:
Num 13:31-33
“Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen
die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons. So het hulle dan slegte
gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken
het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n land
wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot
manne. Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse
afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.” Dit is só tipies hoe baie kinders
van God hullesef steeds sien – MINDERWAARDIG.
Dit hou die miljoene
gelowiges steeds weg van die volheid van die ‘beloofde land’. Die Hebreër skrywer verwys daarna as
die ‘rus van God.’ Die beloofde land was vir Israel ‘n plek van oorvloed en van
rus en dit was ‘n skadubeeld van die realiteit van die lewe in Christus in die Nuwe
Testament. Die nuwe lewe in Christus is ‘n lewe van oorvloed en rus vir élke
gelowige. Ons moet egter nie in dieselfde ongehoorsaamheid en ongeloof lewe en
só uitmis wat God reeds vir ons kom doen het nie.
No comments:
Post a Comment