Kom ons kyk vandag in kort wat het die evangelie vir ons gedoen. Die begrip ‘evangelie’ beteken ‘die goeie nuus’. Nuus is iets wat klaar gebeur het!
1. Ons hoef nie meer sekere goed te doen
om te kwalifiseer vir die guns van God nie. Ons het ontdek dat Hy het ons volmaak
gemaak. Ons kwalifiseer reeds vir Sy guns en Hy glimlag oor ons lewens.
2. Daar is nie meer ‘n beloning vir ons
toewyding nie. Ons leef reeds met die ewige lewe binne in ons!
3. Ons is klaar met die ‘snakes and
ladders’ speletjie. Ons is klaar gesukkel om deur die hindernisse te kom. Ons
is saam met Hom by die ‘finish’ punt.
4. Ons het ontdek dat die hemel is meer
as ‘window shopping’. Ons hoef nie net te kyk met die hoop, eendag sal ek ook
deel hê aan dit wat ek hoop nie. Ek het reeds van hoop na geloof beweeg – dis
nou myne, dis nou ‘n realiteit.
5. Ons leer dat elke belofte wat Hy oor my
kom maak het is ja en amen. Deur die geloof maak ek dit nou myne. Onthou dat
ons gesê het dat die koningkryk is só ontwerp dat dit met geloof werk.
6. Ons het ontdek dat die evangelie baie
meer bied as ‘n poging om net te kwalifiseer vir die hemel.
7. Daar is egter baie meer aan die
evangelie, want die goeie nuus is dat ons nou reeds ten spyte van die beperking
van die vlees en die gebrokenheid van die wêreld om ons, deel kan hê aan die
heerlikheid van God (Bo-die-Lyn). Alles wat ek in Christus waardeer, het Hy in
my kom reproduseer.
8. Die skrif waarna ons gekyk het om die
goeie nuus te verduidelik, was Romeine 5:17:
“Want as ten gevolge van die misdaad van
die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed
van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers
deur die Één, Jesus Christus.”
‘Veel meer’
in díe verband beteken verséker veel meer! Na Adam se val en met hom die hele
mensdom saam met hom, het die laaste Adam, Jesus, ‘veel meer’ lewe en oorvloed
kom gee.
Dis nou
nodig om te verstaan dat al die bogenoemde ‘voordele’ reeds vir my en jou
afgehandel is! Dit gaan uiteindelik vir my en jou in Sy rus inneem!
Moenie jou
nagmaal vergeet nie.
No comments:
Post a Comment