Dis nou die tyd om krities na jou
geestelike dieet te kyk. Sondae is bewys, nie meer genoeg om te gaan uiteet met
‘n kerkdiens geleentheid nie. In elk geval is die meeste kerke vir 21 dae gesluit.
Nou word ons bedien met ‘streaming’ oor die internet. Dit help! maar 20 minute
per week is nie genoeg om jou geestelik gesond te hou nie! Jy moet ook
gedurende die week geestelike kos inkry. Onthou jy moet groei “tot ‘n volwasse
man, tot die mate van die volle grootte van Christus.” (Eph 4:13)
1 Kor 10:3-4 vertel ons van God se volk in die woestyn. Vandag
voel ons ook dat ons in ‘n woestyn ronddwaal. God se volk het geestelike kos
geëet en geestelike drank gedrink, want hulle het gedrink uit die geestelike
rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Die Woord sê: En hierdie dinge was
voorbeelde vir ons. Wat leer ek uit dié situasie. Minder Corona virus-nuus alles
wat daarmee gepaard gaan en meer nuus vanaf die Geestelike realm uit die hart
van I AM. ‘n Goeie begin is om met die skrifte te beginwat ons in dié
dagstukkies aanhaal. Moenie jou Nagmaal vergeet nie! Seën jou broodjie en dan
eet jy dit!
No comments:
Post a Comment