Voordat jy hierdie lering begin lees. Neem 5 minute van jou ty den skryf 10 punte neer van wat jy dink God se opinie oor jou is.
Weet dat God
iets te sê het oor jou lewe. Jy sien God het ‘n uitspraak kom maak oor ons
lewens. “As ons dink
aan wat God vir ons gedoen het, wat kan die mens dan nog sê? God het ons aan Sy
kant gesit, en wie sal ons kan oorwin? Rom 8:31 (Die Lewende Bybel) Mense kannie net links en regs hulle
opinie oor jou lewe gee nie. Paulus vra die vraag:
”Wie sal
beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig
maak. “Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer
nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons
intree.” Rom 8:33-34
Geen mens
het vir jou kom sterwe nie! Mense het nie die reg om te weerspreek wat God oor jou
lewe gespreek het nie. God sien net die beste in jou, Sy beeld met Sy
heerlikheid – Hy het jou verhoog en jy sit in Hemelse plekke saam met Hom.
Dis ‘n
sleutel tot die verstaan van die Nuwe Testament en dat jy sal ontdek wie jy in
Christus is. Jesus Christus was God se uitspraak oor
ons lewens. Hy ís die finale woord.
No comments:
Post a Comment