1 Cor 3:13 “We are not like Moses, who put a covering over his face. He covered his face so that the people of Israel would not see it. The glory was disappearing, and Moses did not want them to see it end.” (ERV – Easy-to-Read-version)
Die waarheid
is dat God geweet het dat die heerlikheid nie altyd by die mens sou “bly” nie.
Maar dát Moses dit vir die volk wou wegsteek is verbasend. Sy gesag het in die
heerlikheid van God gelê. Groot heerlikheid, groot gesag. Geen heerlikheid,
geen gesag! Hy wou dit nie sigbaar maak dat sy gesag en outoriteit besig is om
te taan nie. Só, kom dat ek eerder my verleentheid bedek of wegsteek.
Hoekom is
dit so dat dat die mens ingestel is om altyd die blinkkant voor te hou. Pastoor
Deiman het altyd díe raad gegee: Sê wat die werklike toestand is maar bely ook
in dieselfde asem dat Christus het dit ín Hom om dit vir jou om te keer. Dan
bely jy bo die lyn en jou geloof dra jou deur, onder die lyn, op die aarde. Dis
in elk geval Sy geloof wat in jou gedeponeer is.
Ons moet
verstaan dat daar ‘n duidelike verskil is in terme van hoe ons vandag kyk na
die Ou Testament teenoor die Nuwe Testament. Die Ou Testament kan net verstaan
word uit die openbaring van die Nuwe Testament. Tussen die Ou Testament en die
Nuwe Testament was daar ‘n kruis. Moet nooit vergeet dat die Ou Testament ‘n
verwysing is na die Joodse Godsdiens. En dis juis waarvan ons verlos is. Onthou
jou Nagmaal!
No comments:
Post a Comment