Ek herhaal net weer:
“Maar my
kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg—hom
sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit
neem.” Num
14:24
Die Hebreërs
skrywer haal bogenoemde verwysing aan. Let op wat sê hy hierop. Hy maak dit van
toepassing binne die konteks van die Nuwe Testament, binne hierdie erfenis,
binne hierdie verstaan van die volheid van God wat reeds ons deel is. En dan sê
hy die volgende: Heb 4:2 “Want aan ons is die evangelie ook verkondig (die
goeie nuus) net soos aan hulle;” (daar was vir hulle ‘n beloofde land; dít
was die goeie nuus. Vir óns beteken dit die volheidslewe in Christus; dít is vir
ons die goeie nuus.). Hy sê “maar die woord van die prediking het hulle nie
gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.”
Heb 4:3 “Want ons wat geglo het, gaan die rus in,”
(nou gaan hy voort om te sê soos God gesê het, want hierdie rus wat vir ons
oorbly, as dit die finale rus was wat Josua vir hulle wou gee, sou God nie weer
praat van ‘n rus waar ons kon ingaan nie). Die skrif sê dat ons in die rus van
God kán ingaan, want daar bly ‘n rus oor vir die volk van God. Soos hulle
destyds die Woord van God moes vasgryp en dit moes glo, bly dit steeds die
basis van die beleef van die rus. Hoe gaan ons in die rus in? Deur die
afgehandelde realiteit van die Woord te ontdek en te glo! Dit het ons reeds
gedoen; daarom beteken dit dat ons reeds in Sy rus ingegaan het toe ons saam
met Hom gesterwe het en saam met hom opgestaan het. Nou is ons in Christus. Vir
baie is dit net nog nie ‘n realiteit nie! Met Sy geloof in ons sal die rus ‘n
al hoe meer werklikheid word! Gebruik jou Nagmaal. Dit is Sy Liggaam en Sy
Bloed!
No comments:
Post a Comment