Ons moet die
rots ontdek waaruit ons gekap is. Dis interessant dat die Skrif sê dat toe
hulle die tempel gebou het was daar geen geluid van hamer of beitel by die
tempel nie. Die klippe is in die steengroef klaar volgens maat gekap en na die
bouterrein gedra. 1Kon 6:7. Wow, elke klip is vooraf volmaak gevorm vir sy nuwe
funksie. Mense, ons was klaar gevorm in Christus, klaar volmaak gemaak, en ons
identiteit is vas omdat ons in Christus Jesus is.
1Pet 2:5 “en
laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis.” Ons is klaar
gevorm met ‘n Christus identiteit. Jy is in Sy huis ingebou! Ons wil mense voorstel aan hulle ware
identiteit ín Christus. Onthou jy ontdek jou identiteit binne die konteks van
jou omgewing. Jou omgewing is in Christus! Niks en niemand kan my identiteit
verander wanneer ek uit die I AM gebore is nie. Ek kan nie van ‘n skoenlapper
met ‘n skoenlapper identiteit na ‘n wurm met ‘n wurm identiteit terugkeer nie.
Net so kan ek nie van kind van God, met ‘n kind van God identiteit na sondaar
met ‘n sondaar identiteit terugkeer nie!
Die sleutel
vir ons is om nou te leef vanuit die openbaring van daardie nuwe Christus identiteit. My nuwe lewensgedrag sal
vir my wys wat my nuwe identiteit is. ‘n Boom word aan sy vrugte geken. Luk
6:44. Sien, Paulus skryf in Rom 3:23 “want almal het gesondig en dit ontbreek
hulle aan die heerlikheid van God.” My I AM identiteit sal ‘n heerlikheidsdraer
van God wees. Leef jou Christus lewe!
No comments:
Post a Comment