“We are not reformed or simply refurbished, we
are made completely new by our union with Christ and the indwelling of the Holy
Spirit” 2Kor 5:17.
Ons is nie besig om van slegte mense beter
mense te probeer maak nie. Ons wil mense
voorstel aan hulle ware identiteit in Christus. Jy ontdek slegs jou identiteit
binne die konteks van jou omgewing.
As jy ooit
die geleentheid kry om in die wildtuin te kom en jy kan ‘n leeu van naby
aanskou, so naby dat jy in sy oë kan kyk, sal jy in daardie oomblik bewus raak
van die gesag en die outoriteit van hierdie wese. Hy laat hom nie intimideer
nie! Maar weet jy, as jy daardie leeu vat en jy sit hom in ‘n sirkus dan
verander iets in hom. Skielik raak hy angstig en hy begin rondhardloop. Jy
sien, daar is ‘n man met ‘n sweep. En soos wat die sweep klap begin die leeu
sekere goed doen. Jy sien sy gedrag is aangepas en hy is bereid om sy gedrag
aan te pas as gevolg van sy vrees vir die sweep.
Baie keer is
dit hoe ons in die konteks van ons geloofslewe is. Baie keer is dit hoe ons as
Christene dink oor ons eie verwysingsraamwerk. Maar ek waarborg jou as daardie
leeu klaar is in die arena en hy gaan terug na sy hok toe, dan sit hy nie daar
in die hok en oefen sy toertjies nie. Hoekom? Want daar is nie ‘n sweep nie. In
die sirkus moet die leeu bang gehou word deur die sweep.
Ou Pastoor
PD Le Roux het altyd gesê: ‘As jy iemand kry om die Here te dien deur hom bang
te maak, beter jy seker maak dat jy hom bang hou.’ Solank jy die sweep klap
dien hy die Here.
Weet jy, as
jy daardie leeu terug vat na sy natuurlike omgewing, dan ontdek hy skielik wie
hy waarlik is. Dan word hy weer leeu. As jy hom terugvat na sy natuurlike
habitat dan word hy weer wat hy oorspronklik bedoel was om te wees. Jy ontdek
slegs jou identiteit binne die konteks van jou omgewing. En dis presies wat ons
met mense doen – ons stel hulle voor aan hulle ware omgewing, in Christus
Jesus, want “in Hom leef ons en beweeg ons en is ons.” Hand 17:28
Ons moet
verstaan dat ons nie slegs van slegte mense beter mense wil maak nie. Moenie jou nagmaal tydens
hierdie Paastyd nalaat nie. Let anything that is not of God PASS OVER!🍞
No comments:
Post a Comment