Tuesday, May 19, 2020

Les 4: Hoekom moet ek my eie vrug eet.

  Sowat 4 jaar gelede was ons Household lede vir 14 dae op ‘n toer deur die suide van Namibië. Dit was die wonderlikste ervaring van my lewe. Elke lid het die beginsel verstaan om jou eie vrug te eet. Beteken dit dat niemand het gefrustreerd geword nie, niemand het aanstoot geneem nie, niemand het “uitgehak” nie, niemand het kwaad geword nie. Nee, hulle het deur al die negatiewe emosies gegaan. Maar hulle het geweet om hulle eie vrug van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid (geduld), vriendelikheid, goedheid, geloof (betroubaarheid), sagmoedigheid en selfbeheersing te eet. Wanneer iemand so ‘n bietjie “af” geraak het, is hy sommer dadelik daarop gewys om sy eie vrug te eet.

 

Hoekom wil ons altyd hê dat ander mense moet ons uitbarstings sluk. Die vrug van die Heilige Gees word nie aan jou gegee om uit te deel nie! Ander mense wil baie keer nie eens jou vrug eet nie. Want jy is ongeduldig, jy het nie selfbeheersing nie, jy’s ontevrede met alles! Jou vrugte is suur en baie keer nog nie ryp nie. Jou vrug is vir jouself bedoel. As jy mooi sterk geword het en opgegroei het met die vrug van die Gees as hoofbestandeel, sal mense onder jou boom kom skuiling soek en só van jou vrug geniet. Moenie jou nagmaal vergeet nie.


No comments:

Post a Comment