Die Hebreërs
skrywer skryf nou, mense julle moet verstaan dat ons is gelowiges. Dis die
definisie van ons bestaan. Ons is mense van geloof en geloof wandel nie volgens die sintuie nie.
Geloof kyk nie na die realiteite nie maar wandel volgens die uitsprake van God.
Wat beteken dit in ons allerdaagse lewe, om te lewe as ‘n gelowige.
Weet jy, God
kom nou en Hy eer vir Kaleb, een van die 12 verspieders, omdat hy nie deur die
reuse geïntimideer was nie. En nou kom Kaleb in Num 13:30 “Toe het Kaleb die
volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit
neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.” Dieselfde situasie, dieselfde
omstandighede MAAR ‘n ander ingesteldheid. Maar die volk kies om dit nie te
doen nie en hulle betaal die prys.
Hulle verbeur egter hierdie erfenis vir ‘n
hele geslag omdat hulle opinie oor hulself ontsettend negatief was. Hulle het
hulself as sprinkane gesien teenoor die inwoners van die beloofde land. As jy
jouself kleiner sien as wat God jou sien, beïnvloed dit jou optrede! Die Here
kom en gee aan Kaleb ‘n belofte:
“Maar my
kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg—hom
sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit
neem.” Num 14:24
Christus het
dit klaar vir ons moontlik gemaak om in Sy rus in te gaan. Toe Hy sterwe het
ons saam met Hom gesterwe en ook saam met Hom opgestaan. Ons was in Hom, dus
was ons ook in Sy rus. Daarom moet ons dit deur geloof aanneem. As ons sê ons
moet Sy rus ingaan beteken dit nie ons moet daarvoor werk nie. Maar ons moet
Hom vertrou dat Hy van Sy werke rus en só moet ons ook van ons werke rus! Ons
wil hê jy moet die rus ten volle ervaar, daarom wil ons jou oor en oor
aanmoedig totdat jy weet dat jy weet Christus het ALLES klaar gedoen. Daarom
kan jy rus. Onthou jou Nagmaal.
![]() |
https://youtu.be/JWiFYJMGas0 |
No comments:
Post a Comment