As die Bybel
sê God het gerus van Sy werke is dit ‘n heeltemal ander verwysing. Hebreërs gee
vir ons hier die sleutel. Want hy sê: Ons kan ingaan in die rus soos wat God
van Sy werke rus. Ek glo die sleutel lê in Hebreërs 4:12 Gewoonlik word hierdie
skrif in isolasie gelees. Maar dit was geskrywe in die konteks van ‘entering
God’s rest.’ “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as
enige tweesnydende swaard,” … Hoe het God gerus. Jy sien God skep met Sy
Woord. God het Sy Woord gestuur om te doen waarvoor Hy dit gestuur het. Toe God Sy rus ingaan, het God teruggestaan in die
volle vertroue dat Sy Woord gedoen het waartoe Hy dit gestuur het.
Nou sê die
Skrif ons kan ook rus soos God gerus het. Ons gaan die rus in. Hoe? Ons rus nou
in dít wat God reeds gedoen en afgehandel het in die onsigbare realm, die ewige
realm, die I AM realm. Daarom moet ons verstaan dat Sy Woord het skeiding
gebring tussen siel en gees. Siel is onder die Lyn en gees is Bo-die-Lyn. Die
punt is dit: Ons kan nie God se rus ingaan solank ons op die sielsvlak
verskynsels en gevoelens leef nie. (Gaan terug na jou Bo- en Onder-die-Lyn
skets in ons eerste dagstukkie en sien waar pas verskynsels en gevoelens in)
Gal 5:25 “As
ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.” So, hoe kan ons
ywerig wees om God se rus in te gaan. Hou op om te probeer. Christus is in jou!
Maar jy is ook in Christus. Ín jou, leef Hy in jou omgewing – Onder-die-Lyn
realm; Maar jy is ook in Hom, nou kan jy in Sy omgewing leef – in die
onsigbare, Bo-die-Lyn realm. Efes 2:6 “en saam opgewek en saam laat sit in
die hemele in Christus Jesus.”
Hy nooi jou
om te rus soos Hy rus. Dis díe volkome rus wat vir jou en my oorbly. Ons moet God
se uitspraak oor ons lewens vertrou.
Onthou jou Nagmaal.
No comments:
Post a Comment