Tuesday, May 19, 2020

Les 3. Ek moet leer om my eie vrug wat die Heilige Gees my gee, te eet!

 


    Vir party van ons word die huis nou te klein en vir ander word die huis te groot. Ons het nooit geleer om vir 21 dae binne die huis se 4 mure saam te lewe nie. Selfs nie eens wanneer ons op vakansie was nie. Daar was altyd ander mense rondom ons. Ons kon selfs die winkels en eetplekke besoek. Hoe dit ookal sy, om dag vir dag so in mekaar se ‘gesigte’ te wees het ek voorwaar die vrug van die Heilige Gees nodig om my gees self te voed.

 Op die Heilige Gees se spyskaart is daar vandag: Liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid (geduld), vriendelikheid, goedheid, geloof (betroubaarheid), sagmoedigheid en selfbeheersing. Dis jou kos wat die Heilige Gees jou vandag gee om te eet. Die inname van Sy vrug help jou vandag om soos ‘n volwassene volwassene in Christus op te tree. Die ander mense in jou huishouding moet ook hulle eie vrug eet. As jou vrug ryp en sappig is sal jy dit wíl eet. Die mense rondom jou wil nie jou vrug eet as dit suur en bitter is nie. ‘n Boom word aan sy vrugte geken:

  More gaan ons bietjie praat oor hoekom ek my eie vrug moet eet.


No comments:

Post a Comment